Skip to content

Amerikaans-geleide vredesamesprekings vir Rusland en Oekraïne hervat na nege maande

# ʼn Nuwe ronde vredesamesprekings, die eerste sedert Februarie, vind vandag en môre in Abu Dhabi plaas tussen Amerika, Rusland en Oekraïne. Dit volg nadat vorige onderhandelings nie enige vordering kon toon om die konflik te beëindig nie. President Donald Trump van Amerika se skoonseun en onderhandelaar, Jared Kushner, sê die doel is om Oekraïne en Rusland se kommer oor na-oorlogse veiligheid, voorstelle en moontlike oplossings te bespreek. Hy sê hulle werk hard om ʼn onderhandelde skikking te bereik wat blywende vrede sal bring.