# Die Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers het ʼn ampsklag-poging teen die minister van Verdediging, Pete Hegseth, uitgestem. Die Republikeinse kongreslid Thomas Massie beskuldig hom dat hy die wet oortree het deur langer as 90 dae oorlog te voer in Iran sonder wetsgoedkeuring. Die stemming het met 211 teen 204 misluk en elf Demokrate het buite stemming gebly. Massie gaan nie nog ʼn ampsklag teen Hegseth probeer instel terwyl hy ‘n Kongreslid is nie, maar sê ʼn oplossing is nodig om president Donald Trump se oorlogsmagte in Iran te beperk.
Amerikaanse Huis van Verteenwoordigers keer ampsklag teen Hegseth