# Die Nasionale Tesourie sê Operasie Vulindlela se strukturele veranderinge sal tyd neem. Die operasie is ontwerp om strukturele hervormings wat ʼn groot uitwerking sal hê, te bespoedig en ekonomiese herstel in Suid-Afrika te bevorder. Elektrisiteit is een van die belangrike fokusareas van hervorming. Die Tesourie se direkteur-generaal, Duncan Pieterse, sê die veldtog vir belegging in hernubare energie gaan voort, maar die struikelblok is tans die nasionale netwerk self wat meer as 100-miljard-rand se beleggings nodig het om uit te brei en te moderniseer. Hy sê hervorming in spoorvervoer, infrastruktuur en water sal eeue oue monopolieë beëindig.
Tesourie sê Operasie Vulindlela se hervormings sal mededinging en privaat beleggings na markte bring