# ʼn Luukse Ferrari van meer as elf-miljoen-rand wat aan die vermeende tender-bedrieër, Hangwani Maumela, behoort, is op ʼn veilig vir 10,1-miljoen-rand verkoop, wat meer is as die minimum prys van 9,5-miljoen-rand. Die motor word verbind met die plundery van twee-miljard-rand by die Tembisa-hospitaal. Maumela word beskuldig dat hy die baasbrein was agter drie sindikate wat by die plundery betrek word, en het glo meer as 900-miljoen-rand se tenders van die hospitaal gekry. Die Spesiale Ondersoekeenheid se woordvoerder, Selby Makgotho, sê dis ʼn stap in die regte rigting:
Vermeende Tembisa-hospitaal tenderbedrieër Maumela se Ferrari vir R10,1-miljoen [KLANK]
ENG MakgothoOnAuction