# Krieket: Marques Ackerman het 157 lopies aangeteken en Suid-Afrika teen die einde van die tweede dag van die eerste toets teen Bangladesj op die Wanderers in Johannesburg met 287 vir vier in hul eerste beurt gelaat. Die besoekers is in hul eerste beurt vir 400 lopies uitgeknikker, met honderdtalle deur Tawhid Hridoy en Litton Das, terwyl Kagiso Rabada vyf paaltjies geneem het. Hierna het Ackerman ‘n vennootskap van 202 lopies met Zubayr Hamza, wat ‘n loopbaanbeste 83 lopies behaal het, gedeel om ‘n sterk teenreaksie vir die Proteas te vestig. Suid-Afrika is steeds 113 lopies agter Bangladesj, met ses paaltjies oor.
Krieket: Ackerman blink uit vir die Proteas op die tweede dag van die eerste toets teen Bangladesj