# Die politieke ontleder, Theo Neethling, glo ActionSA-leier Herman Mashaba kan sy hand oorspeel deur sy persoonlike afkeer van Helen Zille ’n voorwaarde vir samewerking met die DA te maak. Mashaba sê ActionSA sal nie met die DA ʼn koalisieooreenkoms in Johannesburg en Tshwane aangaan indien Zille en Cilliers Brink burgemeesterskandidate is nie. Neethling het aan The Citizen gesê die DA het die meeste stemme in Johannesburg gekry, en Zille se belangrike aandeel in die verkiesingsveldtog moenie onderskat word nie. Hy sê dit sal ʼn probleem wees as sy verwyder word.
Politieke ontleder sê dit sal “polities vreemd” wees as die DA Zille as Johannesburg se burgemeesterskandidaat verwyder