# Die polisie het 14-duisend-581 verdagtes landwyd aangekeer tydens die jongste Operasie Shanela-veldtog teen ernstige misdaad, geslagsgeweld en vrouemoord. Speurders het een-duisend-811 gesoekte verdagtes opgespoor. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê die inhegtenisnemings sluit in 174 vir verkragting, 140 vir moord en 130 vir poging tot moord:
# Die Departement van Vervoer in Limpopo sê die R524 is vyf-kilometer buite Louis Trichardt gesluit ná ‘n botsing tussen vyf voertuie, insluitend ‘n polisievoertuig. Woordvoerder Mashudu Mabata sê nooddienste is op die toneel en verkeersbeamptes van Vhembe herlei tans die verkeer. Sy sê motoriste van Thohoyandou moet links draai in Beja-weg in die rigting […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging vra die regering om dringend die tydelike verlaging in die brandstofheffing weer in te stel te midde van skerp stygings in brandstofpryse. Die petrolprys styg om middernag met tot drie-rand-33-sent per liter, dieselpryse met tussen twee-rand-84- en drie-rand-24-sent en lampoliepryse met vier-rand-77-sent. Woordvoerder Phakamile Hlubi-Majola sê die jongste verhogings plaas huishoudings verder […]
# ‘n Nuwe meningspeiling van Reuters en Ipsos toon die Amerikaanse president, Donald Trump, se gewildheidsyfer het tot ’n rekordlaagtepunt van 32-persent gedaal voor volgende maand se middeltermynverkiesing. Dit sal bepaal of sy Republikeinse Party beheer behou oor die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat. Trump se steun onder sy eie partylede het ook afgeneem […]
# Die voormalige waarnemende nasionale polisiekommissaris, Khomotso Phahlane, sê die bedrog- en korrupsie-aanklagte teen hom is ongegrond. Die Ondersoekdirektoraat teen Korrupsie het die saak teen hom en sy mede-beskuldigdes teruggetrek hangende ‘n hersiening. Dit hou verband met ‘n kontrak van 191-miljoen-rand vir noodwaarskuwingstoerusting vir die Polisiediens. Sowat 65-miljoen-rand is aan die diensverskaffer, Instrumentation for Traffic […]
# Rugby: Die opwindende jong veelsydige agterspeler Luan Giliomee gaan na verwagting vandag vanaf die Haaie by die Bulle aansluit. Die 19-jarige, wat vanjaar uitgeblink het vir die Junior Springbokke, het onlangs ‘n langtermyn-kontrak gesluit om na Pretoria te verskuif. Hy het verlede naweek sy laaste wedstryd vir die Haaie gespeel toe hulle die verdedigende […]
# Krieket: Suid-Afrika-A se gereelde kaptein, Marques Ackerman, sê hy is gereed vir toetskrieket nadat hy op alle denkbare vlakke gespeel het. Hy gaan na verwagting sy buiging vir die Proteas maak wanneer die eerste toets teen Australië Vrydag in Durban begin. Die 30-jarige kaptein van die Dolphins het op elke vlak in Gauteng gespeel […]