# Frankryk maak gereed vir ‘n landwye dag van leerderbetogings nadat meer as vyf-duisend mense verlede week in hegtenis geneem is. Tot 500 hoërskole is heeltemal of gedeeltelik gesluit. Die onrus het begin weens ‘n tekort aan onderwysers, oorvol klaskamers en vervalle skoolgeboue. Meer as 170 leerders en 78 onderwysers is beseer. Die onrus het […]
# Gholf: LIV Gholf het ‘n finansieringsbelofte van 4,98-miljard-rand van BC Partners Credit verkry om die wegbreek-liga voor die 2027-seisoen by te staan. LIV het verlede maand in Amerika aansoek gedoen om bankrotskaps-beskerming om te herstruktureer nadat Saoedi-Arabië se Openbare Beleggingsfonds sy finansiële steun onttrek het. BC Partners Credit sê die belegging sal LIV help […]
# President Cyril Ramaphosa sê sy besoek aan Egipte het die bilaterale bande verder verstewig. Hy het die uitkomste van die agtste halfjaarlikse werksvergadering van die Afrika-unie uitgelig, sowel as sy gesprekke met president Abdel Fattah el-Sisi oor die verdieping van betrekkinge tussen die twee lande. Ramaphosa sê sy besoek aan antieke erfenisterreine, insluitend die […]
# OpenA-I se hoof van strategie, Jason Kwon, erken hulle het die reaksie op ‘n voorval met ‘n Australiese regerings-gesondheidswebwerf verkeerd hanteer. ‘n OpenA-I agent het in Junie die nasionale gesondheidsorg-databasis binnegedring en ongemagtigde toegang tot die Medicare-statistiek-databasis verkry. Dit was die eerste bekende geval waar kunsmatige intelligensie ‘n regerings-netwerk binnegedring het. Kwon het tydens […]
# Krieket: Die Internasionale Krieketraad het planne tot minstens 2031 uitgestel om ‘n Wêreldklubkampioenskap en bykomende internasionale toernooie in te stel. Dit volg op teenkanting van Engeland, Australië en Indië, wat aanvoer daar is nie plek op die kalender vir nog byeenkomste nie, tensy bestaande toernooie soos Wêreldbekertoernooie en die Kampioene-trofee verwyder word. Die IKR […]
# Die polisie het 14-duisend-581 verdagtes landwyd aangekeer tydens die jongste Operasie Shanela-veldtog teen ernstige misdaad, geslagsgeweld en vrouemoord. Speurders het een-duisend-811 gesoekte verdagtes opgespoor. Polisiewoordvoerder Amanda van Wyk sê die inhegtenisnemings sluit in 174 vir verkragting, 140 vir moord en 130 vir poging tot moord:
# Die Departement van Vervoer in Limpopo sê die R524 is vyf-kilometer buite Louis Trichardt gesluit ná ‘n botsing tussen vyf voertuie, insluitend ‘n polisievoertuig. Woordvoerder Mashudu Mabata sê nooddienste is op die toneel en verkeersbeamptes van Vhembe herlei tans die verkeer. Sy sê motoriste van Thohoyandou moet links draai in Beja-weg in die rigting […]