# Die matriek-eindeksamen begin oor ʼn week en die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, Jaco Londt, sê matrieks moet hulle tyd slim bestee en nie toelaat dat enigiets hul studies ontwrig nie. Altesaam 71-duisend-302 voltydse Nasionale Senior Sertifikaat-kandidate in die provinsie sal die eksamen aflê wat volgende Dinsdag begin met Rekenaartoepassings-tegnologie Prakties en op 25 November […]
# President Cyril Ramaphosa sê die presidensiële Een-miljard-bome-veldtog kan klein- en grootskaalse ekonomiese bedrywighede bevorder en werk skep. Die veldtog is deel van die bestaande Nasionale Vergroeningsprogram wat oor die volgende vyf jaar ʼn miljard bome wil plant. Ramaphosa sê in sy weeklikse nuusbrief die hantering en oorkoming van ongelykhede vereis dat die Vergroeningsprogram ook […]
# Kaapstad se Direktoraat Energie het 1,1-miljoen-rand belê in die opgradering van straatlig-infrastruktuur langs 35ste Laan tussen Robert Sobukwe- en Owen-weg in Bishop Lavis. Hierdie roete word ernstig geraak deur herhaalde voorvalle van opsetlike beskadiging en diefstal. Die burgemeesterskomiteelid vir Energie, Xanthea Limberg, sê in die vorige boekjaar alleen het die metro meer as 2,2-miljoen-rand […]
# Die GOOD-party eis antwoorde van die Stellenbosch-munisipaliteit oor die rioolinfrastruktuur op die Solms-Delta-plaas. Volgens inwoners is dit al meer as ʼn jaar lank nie behoorlik herstel nie. Die party het ʼn amptelike vraag by die munisipale bestuurder ingedien. Woordvoerder Marius van Stade sê die infrastruktuur is beskadig toe ʼn munisipale rioolvragmotor volgens berigte daarteen […]
# Die meeste stemgeregtigde Suid-Afrikaners gaan nie aan volgende maand se plaaslike regeringsverkiesing deelneem nie weens ontnugtering onder jongmense, wantroue en verbreekte politieke beloftes. Volgens Daily Maverick toon inligting deur die marknavorsingsfirma Ipsos dat 47-persent van deelnemers voel geen politieke party verteenwoordig hul standpunte nie, en 38-persent het geen belangstelling in politiek of verkiesings nie. […]
# Die Stad Kaapstad sê uitsetting van onwettige besetters op Transnet-grond langs die N1 is uitgestel weens ʼn laat appèlaansoek deur ʼn organisasie sonder winsbejag, Ndifuna Ukwazi. Die Wes-Kaapse Hooggeregshof het bevind die besetters het nie bewys gelewer dat uitsetting hulle dakloos sal laat nie. Die burgemeesterskomiteelid vir Veiligheid en Sekuriteit, JP Smith, sê die […]
# Die Stad Tshwane sê daar is vordering met die herstel van elektrisiteit aan gemeenskappe wat deur die Murrayfield- en Koedoespoort-substasies bedien word. Verlede week se brand by die Waltloo-substasie en ontwrigting by die Njala-toevoersubstasie het tot verskeie kabelfoute gelei. Die metro se woordvoerder, Lindela Mashigo, sê spanne is besig om vyf geïdentifiseerde kabelfoute te […]