# Polisie in Gauteng ondersoek ʼn saak van moord en poging tot moord na ʼn skietvoorval gisteraand op die R-21 in die rigting van OR Tambo Internasionale Lughawe. Volgens onbevestigde berigte is die slagoffer Preggy Padayachee, ʼn familielid van die voormalige adjunkhoof van Intelligensie, Feroz Khan, wat na verwagting vandag voor die Madlanga-kommissie getuig. ʼn […]
# Rugby: Die Stormers se verdedigingsafrigter, Norman Laker, sê hy is vol vertroue dat die terugkerende Springbokke naatloos sal inskakel by die span se stelsel. John Dobson se span wil opmaak ná hul nederlaag teen Edinburgh wanneer hulle Saterdag die Haaie in die Verenigde Rugbykampioenskap takel. Die Stormers het byna ʼn volledige groep Bok-spelers beskikbaar […]
# Die Internasionale Strafhof het vier lasbriewe vir inhegtenisneming bekendgemaak teen senior Taliban-leiers. Hulle word beskuldig dat hulle vroue en meisies in Afganistan vervolg het, wat op ʼn misdaad teen die mensdom neerkom. Die vier sluit in die Taliban-opperleier, Haibatullah Akhundzada, en hoofregter Abdul Hakim Haqqani. Die hof voer aan daar is redelike grond om […]
# Die Spesiale Ondersoekeenheid verwelkom die uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria wat ʼn dringende aansoek deur sakeman Morgan Maumela en trustees van die MHR Maumela Family Trust van die hand gewys het. Hulle wou keer dat ʼn Ferrari van 9,5-miljoen-rand verkoop word. Die luukse voertuig is onder die bates waarop die eenheid beslag gelê […]
# Die Gautengse Gesondheidsdepartement sê berigte oor die mediese koste vir die behandeling van ʼn tweejarige seun by die Steve Biko Akademiese Hospitaal in Pretoria, is verkeerd. Die kind is onder die Hospitaalgroep-kategorie geklassifiseer. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê volgens die standaardregulasies vir openbare gesondheid in Suid-Afrika is alle kinders onder ses ten […]
# Die Minister van Menslike Nedersettings, Thembi Simelane, vra ‘n geïntegreerde benadering en uitgebreide vennootskappe tussen die regering, die privaat sektor en finansiële instellings om die land se behuisingsagterstand aan te spreek. Nagenoeg 2,8-miljard mense ervaar wêreldwyd verskeie vorme van ontoereikende behuising, terwyl ongeveer 1,1-miljard mense in krotbuurte en informele nedersettings woon. Die departement se […]