# Die Spesiale Ondersoekeenheid verwelkom die uitspraak van die Hooggeregshof in Pretoria wat ʼn dringende aansoek deur sakeman Morgan Maumela en trustees van die MHR Maumela Family Trust van die hand gewys het. Hulle wou keer dat ʼn Ferrari van 9,5-miljoen-rand verkoop word. Die luukse voertuig is onder die bates waarop die eenheid beslag gelê het tydens sy ondersoek na korrupsie en wanadministrasie by die Tembisa Hospitaal. Die eenheid se woordvoerder, Selby Makgotho, sê die voertuig is gekoop met geld wat deur onregmatige tenders verkry is:
SOE verwelkom verwerping van Morgan Maumela se poging om verkoop van R9,5-miljoen Ferrari te keer [KLANK]
ENG MakgothoONFerrari