# Die Internasionale Strafhof het vier lasbriewe vir inhegtenisneming bekendgemaak teen senior Taliban-leiers. Hulle word beskuldig dat hulle vroue en meisies in Afganistan vervolg het, wat op ʼn misdaad teen die mensdom neerkom. Die vier sluit in die Taliban-opperleier, Haibatullah Akhundzada, en hoofregter Abdul Hakim Haqqani. Die hof voer aan daar is redelike grond om te glo al vier is strafregtelik aanspreeklik vir die opdrag tot vervolging van meisies, vroue en ander mense wat nie voldoen aan die de facto Taliban-regering se beleid oor geslag, geslagsidentiteit of uitdrukking nie.
Internasionale Strafhof maak lasbriewe bekend teen vier senior Taliban-leiers oor misdade teen die mensdom