# Die ANC het die Nasionale Tesourie gevra om die brandstof- en Padongelukkefondsheffings te verlaag om Suid-Afrikaners te beskerm teen die uitwerking van die rekordstygings in brandstofpryse. Petrolpryse styg van môre af met tussen drie-rand-12-sent en drie-rand-33-sent per liter; dieselpryse met tussen twee-rand-84-sent en drie-rand-24-sent per liter, en die prys van paraffien met vier-rand-77-sent per […]
# Die topverkoper-skrywer en gewese politikus, Jeffrey Archer, is op 86 oorlede. Hy het ʼn suksesvolle loopbaan gehad as romanskrywer en het wêreldwyd meer as 300-miljoen boeke verkoop, insluitend die Clifton Chronicles en Kane and Abel. Archer se politieke loopbaan het in 1967 begin. Hy was vyf jaar lank ʼn Konserwatiewe parlementslid voor hy as […]
Die hooftrekke uit die belangrikste nuusblaaie soos op 06 Oktober 2026: NASIONAAL: # Business Day: Berig Sanlam neem volle eienaarskap van Santam oor met die gevolg Santam staan gereed om ná 62 jaar sy aandele van die JSE te verwyder. Sanlam se aanbod is 505-rand per aandeel. # En die Netwerk24-webblad: Berig oor die hofstryd […]
# Die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, verwelkom die Gautengse Hooggeregshof in Johannesburg se besluit dat sy lastersaak teen die ANC se Nasionale Uitvoerende Komiteelid, Nkosazana Dlamini-Zuma, deur mondelinge getuienis bepaal sal word. Mbalula dagvaar Dlamini-Zuma nadat sy hom beskuldig het dat hy by die party se nasionale verkiesingskonferensie in 2022 kontant aan afgevaardigdes uitgedeel […]
# Die minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, sê Amerika het steeds vertroue in die veiligheid van al sy basisse. Dit volg nadat Amerika al sy B-1-bomwerpers van RAF Fairford in Brittanje na basisse in Amerika verskuif het. Die Britse lugmagbasis was verlede maand die teiken van ʼn vermeende terreur-aanval wat gelei het tot die […]
# Tennis: Die sesmalige kampioen, Novak Djokovic, is deur na die Chinese Ope se eindstryd nadat Daniil Medvedev gediskwalifiseer is in hul halfeindronde-kragmeting in Beijing. Die Serwiër het gedien toe die bal van ʼn muur af bons. Die Rus het dit per ongeluk geslaan, dit het deur die lug getrek en ʼn toeskouer op die […]
# Die EFF sê die jongste styging in brandstofpryse is rampspoedig vir die werkersklas en arm Suid-Afrikaners. Petrolpryse styg van môre af met tussen drie-rand-12-sent en drie-rand-33-sent per liter; dieselpryse met tussen twee-rand-84-sent en drie-rand-24-sent per liter, en die prys van paraffien met vier-rand-77-sent per liter. Sixolise Gcilishe van die EFF sê Suid-Afrika beheer nie […]