# Business Leadership South Africa sê die regering moet van die privaat sektor se vaardighede gebruik maak om infrastruktuurprojekte te bespoedig. In haar weeklikse nuusbrief het die uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, gesê belegging tussen April en Junie het tot 13,6-persent van die bruto binnelandse produk gedaal wat die laagste vlak in vyf jaar is. Volgens […]
# AgriSA sê die Suid-Afrikaanse landboubedryf het sterker skakeling nodig tussen probleme op plase en regeringsbesluite. Die organisasie sê kwessies soos swak paaie, vertragings met watervoorsiening, veiligheid en uitdagings rondom arbeid, raak boere asook die breër voedselstelsel. AgriSA sê sy netwerk en sentrums van uitnemendheid help om inligting van boere in te samel, verwerk dit […]
# Die DA waarsku 78-persent van Johannesburg se snelwegbrûe is in ’n swak of baie swak toestand en het ’n groot onderhoudsagterstand. Die party is bekommerd oor die veiligheid van brûe, insluitend die Hercules-brug, wat die enigste uitgang uit ‘n woonkompleks is. Die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg, Helen Zille, sê swak instandhouding en twyfelagtige […]
# Die DA sê polisiebeamptes wat van verkragting en ander geslagsgeweld beskuldig word, moet onmiddellik geskors word. Die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat het in die 2025/2026-boekjaar 116 beweerde verkragtingsake aangeteken waarby beamptes betrokke was in vergelyking 95 sake die vorige jaar. Lisa Schickerling van die party dring aan die waarnemende minister van Polisie, Firoz Cachalia, moet aanspreeklikheid […]
# Die Oos-Kaapse ANC se jeugliga-leier en wykraadslidkandidaat, Ngawonke Bulala, is drie maande nadat hy in Qumbu in ‘n lokval gelei is dood aan sy wonde. Hy was saam met ‘n medejeugliga-aktivis, Wonele Gontshi, wat op die toneel dood is. Bulala is sedert die aanval in Junie in die hospitaal behandel. Niemand is tot dusver […]
# Koning Mswati die Derde van Eswatini het die Basotho-nasie geprys oor hul veerkragtigheid en kulturele erfenis op Lesotho se 60-jaar onafhanklikheidsdagvieringe in Maseru. Die koning het namens internasionale gaste gepraat op die Setsoto-stadion in Maseru en Lesotho se bydrae tot streeksamewerking en ekonomiese ontwikkeling geloof. Hy het die sterk bande tussen die twee koninkryke […]
# Die National Shelter Movement beskuldig die regering dat hy misluk om geslagsgeweld te voorkom, en sê owerhede reageer steeds eers na vroue leed aangedoen is. Die organisasie, wat ongeveer 100 skuilings verteenwoordig, sê president Cyril Ramaphosa se toespraak verlede week bied oudits en beloftes aan eerder as dringende optrede. Die beweging kritiseer ook die […]
# Die verhoor oor die dood van Kiernan “AKA” Forbes en Tebello “Tibz” Motsoane is in die Hooggeregshof in Durban onderweg, met die verdedigingspanne wat verander word. Die beskuldigde Lindokuhle Mkhwanazi wil hê sy verhoor moet geskei word van dié van Siyanda Myeza, wat van nog ses aanklagte aangekla word. Advokaat Muzi Mzelemu sal nou […]