Skip to content

Business Leadership SA vra kundigheid uit privaat sektor om infrastruktuurprojekte te bespoedig

# Business Leadership South Africa sê die regering moet van die privaat sektor se vaardighede gebruik maak om infrastruktuurprojekte te bespoedig. In haar weeklikse nuusbrief het die uitvoerende hoof, Busisiwe Mavuso, gesê belegging tussen April en Junie het tot 13,6-persent van die bruto binnelandse produk gedaal wat die laagste vlak in vyf jaar is. Volgens Mavuso het die regering meer as een-miljard-rand vir infrastruktuur oor ‘n tydperk van drie jaar begroot, maar verlede jaar is slegs een uit elke ses staatstenders toegeken. Sy sê vaardigheidstekorte vertraag projekte, maar kundigheid van die privaat sektor kan help om infrastruktuurlewering te bespoedig.