# Die adjunkminister in die Presidensie vir Vroue, Jeug en Persone met Gestremdhede, Mmapaseka Steve Letsike, sê tradisionele leiers het ‘n belangrike rol te speel in die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord. President Cyril Ramaphosa het verlede week die regering se verbintenis herbevestig om hierdie euwel dringend die hoof te bied deur middel van ‘n […]
# Die Nobelprys vir Fisiologie of Geneeskunde vir 2026 is aan drie wetenskaplikes toegeken: die Amerikaner Karl Deisseroth en sy Duitse kollegas Peter Hegemann en Georg Nagel. Dit is vir hul ontdekking rakende ligbeheerde ioonkanale en optogenetika. Die drietal se navorsing het gelei tot die ontwikkeling van ‘n ligsensitiewe skakelaar wat gebruik kan word om […]
# Die Nasionale Verbruikerskommissie het ‘n veiligheids-terugroeping aangekondig wat 291 Volkswagen Amarok-voertuie raak wat tussen Junie en September vanjaar in Suid-Afrika verkoop is. Phetho Ntaba van die kommissie sê die gordynlugsakke mag moontlik nie tydens ‘n botsing van voor of sybotsing ten volle ontplooi nie weens kontak met ‘n voertuigonderdeel. Ntaba het eienaars aangemoedig om […]
# ANC se Nasionale Uitvoerende Komiteelid, Nkosazana Dlamini-Zuma, het ‘n uitspraak deur die Hooggeregshof in Johannesburg verwelkom in haar geskil met die ANC se sekretaris-generaal, Fikile Mbalula, vir wie sy van stemkopery beskuldig. Die hof het nie ‘n terugtrekking of verskoning gelas nie, maar wel beveel dat die saak deur middel van mondelinge getuienis beslis […]
# Die LUR vir Samewerkende Regering en Tradisionele Sake in KwaZulu-Natal, Thulasizwe Buthelezi, sê amptenare sal voortgaan om die situasie by die Zoo-informele nedersetting te monitor na ‘n brand ongeveer 40 strukture vernietig het. Die brand het Sondagoggend in die uMngeni-munisipaliteit uitgebreek en talle inwoners dakloos gelaat. Siboniso Mngadi van die departement sê geen sterftes […]
# Die Mededingingskommissie het nuwe riglyne uitgereik wat aan verbruikers meer keuses en goedkoper herstelopsies bied. Die riglyne dek selfone, elektronika, huishoudelike toestelle, mediese toerusting en rugsteunkragstelsels. Siyabulela Makunga van die kommissie sê vervaardigers behoort nie toegang tot onderdele, herstelinligting of diagnostiese gereedskap te blokkeer, of verhoed dat onafhanklike herstellers meeding nie. Makunga het bygevoeg […]
# Die DA sê inwoners van Delft in die Wes-Kaap word sonder beskerming gelaat terwyl die polisie met ernstige personeeltekorte en swaar werksladings worstel. Dit volg op die dood van drie mans in twee afsonderlike voorvalle in die gebied. Benedicta van Minnen van die party sê een polisiebeampte is verantwoordelik vir ongeveer 726 inwoners, terwyl […]
# Rugby: Die Stormers kan staatmaak op die ervaring van die veelsydige Springbok-voorspeler Deon Fourie om die lynstaneprobleme in die Verenigde Rugbykampioenskap uit te stryk. Die Kaapse span het Connacht in Ierland geklop maar daarna teen Edinburgh in Skotland verloor. Die veertigjarige Fourie is terug na sy internasionale verpligtinge, betyds vir Saterdag se wedstryd teen […]
# Sokker: Die Argentynse held Lionel Messi speel vanaand sy laaste internasionale wedstryd in ‘n vriendskaplike kragmeting teen Benin in Buenos Aires. Die 39-jarige superster het sedert sy debuut in 2005 altesaam 125 doele in 207 wedstryde vir sy land aangeteken – rekords vir beide doele en die aantal wedstryde vir Argentinië. Daar word verwag […]