# Die DA sê inwoners van Delft in die Wes-Kaap word sonder beskerming gelaat terwyl die polisie met ernstige personeeltekorte en swaar werksladings worstel. Dit volg op die dood van drie mans in twee afsonderlike voorvalle in die gebied. Benedicta van Minnen van die party sê een polisiebeampte is verantwoordelik vir ongeveer 726 inwoners, terwyl elke speurder gemiddeld 77 sake hanteer. Van Minnen doen ‘n beroep op meer sigbare polisiëring en moordsondersoeke wat behoorlik van hulpbronne voorsien word:
DA sê Delft-inwoners word toenemend deur misdaad geteister te midde van onvoldoende polisiehulpbronne [KLANK]
AFR BenedictaOnResources