# Die Vereniging van Staatsamptenare sê die regering moet belegging in die onderwyssektor verhoog om onderwysers te ondersteun en leeruitkomste te verbeter. Die vakbond sê op Wêreld-onderwyserdag, onderwysers benodig beter werksomstandighede en ondersteuning, omdat hulle te kampe het met oorvol klaskamers, personeeltekorte, veiligheidskwessies, beperkte hulpbronne en toenemende administratiewe druk. Claude Naiker van die vakbond vra […]
# Die mynwerkersvakbond N-U-M het sy steun vir Woensdag se Wêrelddag vir Ordentlike Werk toegesê en vra werkers om by landwye sitstakings onder leiding van COSATU aan te sluit. Mpho Phakedi van die vakbond sê ordentlike werk is steeds noodsaaklik te midde van werkloosheid, armoede en ongelykheid, en hulle eis lewensvatbare lone, veilige werkplekke en […]
# ’n Studie deur Zero Carbon Analytics toon dat uiterste weerstoestande aanhoudende stygings in voedselpryse veroorsaak, aangesien ongekende temperature ontwrigting in voorrade teweegbring. Daar is bevind dat byna alle skerp stygings in voedselpryse wat vanjaar aangeteken is, insluitend dié van stapelvoedsel soos koring, mielies, kakao en suiker, verband hou met droogte, hitte en swaar reënval. […]
# Die voormalige hertog van York, Andrew Mountbatten-Windsor, doen regstappe teen die deursoekings-lasbriewe wat die polisie voor sy inhegtenisneming in Februarie gebruik het. Hy het toestemming gekry om die Hooggeregshof te vra om te bepaal of die Thames Valley-polisie wettig opgetree het toe sy huis op die Sandringham-landgoed en sy voormalige woning, Royal Lodge, deursoek […]
# Die DA in Gauteng sê terwyl opkomende boere sukkel om steun te kry, het die regering 45-miljoen-rand bestee aan die Tarlton-agripark wat slegs 11 ondernemings bedien. Woordvoerder Bronwynn Engelbrecht sê die boer, Sakhile Jele, het langer as ‘n jaar gewag op ‘n besluit oor finansiering te midde van veranderende vereistes en burokratiese rompslomp. Sy […]
# Vroue in Vusimuzi in Thembisa, Gauteng, sê hulle leef in vrees en die gebied moet tot ‘n gevaarsone verklaar word nadat die liggame van 12 vroue die afgelope twee maande gevind is. Inwoners sê misdadigers slaan toe te midde van min sigbare wetstoepassing, terwyl daar gereeld berigte van rooftogte en huisinbrake snags is. Die […]
# Die DA het sy eis herhaal dat die volgende stel nasionale misdaadstatistieke akkurate, gedetailleerde syfers oor misdade teen vroue en kinders moet insluit. Die woordvoerder oor die Polisie, Lisa Schickerling, het ‘n skriftelike versoek aan die waarnemende minister van polisie, Firoz Cachalia, gerig nadat die Polisiediens erken het dat huidige data oor geslagsgeweld inherent […]
# Die Inkatha Vryheidsparty het beloof om ongedokumenteerde buitelandse burgers uit eThekwini in KwaZulu Natal te deporteer en sê onwettige buitelanders het geen plek in die stad nie. Die party het die belofte gemaak tydens ‘n distriksvergadering met raadslede om gemeenskapsdruk, dienslewering en immigrasie-nakoming te bespreek. Die IVP sê onbeskermde grense en swak wetstoepassing plaas […]
# Die adjunkminister van Vervoer, Nkhululeko Hlengwa, sê die regering ondersoek veranderings aan die wyse waarop die Padongelukkefonds befonds word. Hy steun ‘n gemengde befondsingsmodel, wat kan beteken die huidige brandstofheffing word verminder of selfs afgeskaf en ander bronne van befondsing word ingestel. Dit kan derdeparty-voertuigversekering en reisversekering vir buitelandse besoekers insluit. Die fonds ontvang […]