# Soil of Africa sê die een-duisend-965 polisielede wat sedert 1 Oktober bevorder is, moet hul nuwe range beskou as openbare vertroue. Woordvoerder Luzuko Sofute sê hul sukses sal gemeet word aan gemeenskapsvertroue, en hulle moet korrupsie en politieke inmenging verwerp en bekwame wetstoepassing handhaaf. Hy sê polisieleiers is nodig wat toeganklik, beslissend, doelgerig en […]
# Die Amerikaanse president, Donald Trump, het ‘n nuwe taakmag geskep om die regering se benadering tot kunsmatige intelligensie te koördineer, wat hy “superintelligensie” noem. Die leierskapspan van vier lede sal gelei word deur die direkteur van Nasionale Intelligensie, Jay Clayton. Die taakmag sal die gevare en geleenthede van K-I ondersoek en aanbeveel watter rol […]
# Missing in Southern Africa sê motorfietsryers, die polisie, nooddienste en gemeenskapsgroepe het in Johannesburg saamgetrek vir ‘n ondersteuningsrit vir vermiste kinders. Die geleentheid in Turffontein is gehou ter ere van Milano Tladi, wat twee was toe hy op 30 Junie vermis geraak het. Sy ouers, Monique en Thebogo Tladi, het die geleentheid bygewoon. Woordvoerder […]
# Oekraïne is onder toenemende druk om geld te vind om sy oorlog voort te sit namate Russiese aanvalle sleutelbedrywe lamlê. Oekraïne het die eerste nege maande van vanjaar bykans 740-miljard-rand aan verdediging bestee, maar net meer as 700-miljard-rand se belastinginkomste ingevorder. Die regering benodig befondsing van 935-miljard-rand, wat sowat 450-miljard-rand vir militêre uitgawes insluit. […]
# ‘n Ontvoerde man is ongedeerd gevind in Randfontein, Gauteng, en vyf verdagtes in hegtenis geneem ná ‘n intelligensiegedrewe operasie. Die ongenoemde man is na bewering op 30 Augustus in die Johannesburgse middestad ontvoer, waarna ‘n losprys van 32-miljoen-rand geëis is. Polisiewoordvoerder Dimakatso Nevhuhulwi sê ‘n span speurders van Johannesburg-Sentraal, Misdaadintelligensie, die Teenontvoeringseenheid, die Blitspatrollie […]
# Ekurhuleni se burgemeesterskomiteelid vir Finansies en Strategie, Jongizizwe Dlabathi, sê die Gautengse metro se begroting van 70,9-miljard-rand vir die nuwe boekjaar sal sy vermoë versterk en herstel om sy funksies uit te voer. Die metro pak tekortkominge in inkomste-invordering en druk op sy kontantvloei aan. Dlabathi sê die stad het sy leningsbehoeftes verminder, terwyl […]
# Die Regterlike Dienskommissie begin vandag in Sandton, Johannesburg, met onderhoude om drie vakatures in die Appèlhof te vul. Vyf kandidate sal vir Suid-Afrika se tweede hoogste hof ondervra word: regters Gerald Bloem, Busisiwe Masipa, Ingrid Opperman, Violet Phatshoane en Esther Steyn. Hoofregter Mandisa Maya sal die proses van twee weke lei om 22 vakatures […]