# Die DA in Tshwane eis ‘n onmiddellike veiligheidsbeoordeling van die Wonderboom-lughawe nadat sekerheidskontrakte op 30 September verstryk het. Die lughawe ondersteun meer as twee-duisend-500 mense, huisves talle lugvaartondernemings en hanteer jaarliks meer as 148-duisend vliegtuigbewegings. Die DA-lid, Dana Wannenburg, sê Tshwane het die kontrakte laat verval terwyl een van sy belangrikste en waardevolste bates […]
# Die DA vra die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, waarom sowat 2,4-miljard-rand oor vyf boekjare beste is aan huurvlugte vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag. Sy het dit in die Parlement bekend gemaak. Woordvoerder Chris Hattingh, sê die DA het besonderhede aangevra oor die aantal vlugte en uitgawes ingevolge gewone reisbestuursreëlings, afwykings […]
# Die Wes-Kaap bring hulde aan onderwysers op Wêreldonderwysersdag, terwyl Oktober Onderwyser-waarderingsmaand is. Die provinsiale Onderwysdepartement moedig gemeenskappe aan om onderwysers te bedank vir hul harde werk en toewyding. Die LUR, Jaco Londt, het die nasionale pryswenners Mthobi Fihla, Danielle Bosch en Hortense Stegmann geprys vir hul leierskap en bydrae tot inklusiewe onderwys. Hy sê […]
# ‘n Peiling van News24 en SABI toon die president van Afrika se sokkerbeheerliggaam, Patrice Motsepe, is die gewildste keuse as die persoon wat Suid-Afrikaners graag as president van die land wil sien. Die peiling is onder vyf-duisend-en-een geregistreerde kiesers gedoen. President Cyril Ramaphosa is tweede met ‘n gunstigheidsgradering van 40-persent. Onder ANC-ondersteuners wat gaan […]
# Rugby: Die eerste plaaslike derbies van die nuwe Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen vind komende naweek plaas wanneer die Stormers en die Haaie in Kaapstad ontmoet en die Bulle en die Leeus op Loftus. Die Haaie is tans boaan die punteleer na twee tuis-oorwinnings en die Leeus is ook onoorwonne in hulle eerste twee wedstryde in Johannesburg. […]
# Rugby: Die Stormers se direkteur van rugby, John Dobson, beplan om sy span te versterk met terugkerende Springbokke vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-tuisderby teen die Haaie. Die Kaapstadse span het sy eerste wedstryd van die seisoen in Ierland teen Connacht gewen, maar daarna in Skotland vasgeval teen Edinburgh. Die Bokke wat vir hulle derde […]
# City Power in Johannesburg kan nie vandag se teiken bevestig vir die herstel van kragonderbrekings in Marshalltown en omstreke nie. Dit volg na ʼn oorvonking by ʼn stroombreker en rook in die toevoerbord-vertrek by Sentraal-substasie tydens gister se poging om kragtoevoer te herstel. Woordvoerder Isaac Mangena sê die substasie is afgesonder terwyl spanne die […]