Skip to content

Rugby: Terugkerende Bokke kan Stormers-span versterk vir derby teen Haaie

# Rugby: Die Stormers se direkteur van rugby, John Dobson, beplan om sy span te versterk met terugkerende Springbokke vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-tuisderby teen die Haaie. Die Kaapstadse span het sy eerste wedstryd van die seisoen in Ierland teen Connacht gewen, maar daarna in Skotland vasgeval teen Edinburgh. Die Bokke wat vir hulle derde ronde-kragmeting oorweeg kan word, is Sacha Feinberg-Mngomezulu, Damian Willemse, Wilco Louw, Paul de Villiers, Deon Fourie en Cobus Reinach. Dobson sê hulle sal veral hul lynstaanprobleme moet oplos teen die Haaie.