Nuus 11:00
BULLETIN 5 Oktober 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# ‘n Deskundige sê die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika se diplomatieke sending misluk
# Die Amerikaanse kuswag skort die soektog op na ‘n mediese vliegtuig met ses mense aan boord
# En krieket: Anrich Nortjé is gereed vir sy terugkeer na toetskrieket in die kragmetings met Australië
# ‘n Kenner van internasionale betrekkinge, Kingsley Makhubela, sê die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, misluk in sy diplomatieke sending om verhoudinge te herbou. Bozell sê die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het hom persoonlik beledig. Lamola het gesê Bozell moet “uit die kombuis kom” as hy nie meer glo in diplomatieke onderhandeling met Pretoria nie. Makhubela het aan die SABC gesê Bozell se inroeping is kommerwekkend:
# Die GOOD-party is bekommerd oor die toestand van openbare ontspanningsruimtes in munisipaliteite in aanloop tot die munisipale verkiesing in November. Sekretaris-generaal Brett Herron sê swak instandhouding van parke en openbare geriewe ontneem gemeenskappe van veilige ontspannings- en sportgeriewe. Herron sê kinders se speelgeriewe verroes in rioolwater wat nie wegvloei nie. Hy sê sportvelde en sokkerterreine word verwaarloos en sommige klubhuise is in brande beskadig, maar steeds nie herstel nie. Herron vra dat openbare ruimtes opgeknap en herstel word.
Sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê intussen bewerings dat die ANC in die Oos-Kaap besig is om ineen te stort, is ongegrond. Die Hooggeregshof in KuGompo City het die party verlede week opdrag gegee om elektroniese lidmaatskapinligting te oorhandig in verband met ‘n saak wat deur drie ANC-lede ingedien het. Hulle wou hê die party moet onverwerkte data vrystel oor die mislukte provinsiale verkiesingskonferensie in Maart. Mbalula sê die party is gereed vir die verkiesing:
Nuus uit die buiteland:
# Die Amerikaanse kuswag het sy soektog na ses mense aan boord van ʼn mediese vliegtuig gestaak. Die vliegtuig het Saterdagoggend naby Nantucket vermis geraak nadat dit in Bermuda opgestyg het. Die bemanning was in kontak met lugbeheer in New York toe hulle ʼn noodgeval verklaar het. Die Kanadese maatskappy, Latitude Air Ambulance wat mediese lugvervoer verskaf, sê al ses insittendes is vermoedelik dood. Matthew Lake van die kuswag sê vier slagoffers was Kanadese en twee van Bermuda:
# Krieket: Die Protea-snelbouler Anrich Nortjé is opgewonde oor die vooruitsig om weer in ʼn toets-span te wees. Die 32-jarige, wat in 2023 laas in ʼn toets gespeel het, is ingesluit in Suid-Afrika se voorlopige groep van 18 vir die Wêreld-toetskampioenskapsreeks van drie wedstryde teen Australië. Nortjé sê hy het voorberei om moontlik opgeroep te word, en het gefokus op sy vaardighede met die rooi bal, sy lopietelling geleidelik op te bou en meer boulbeurte te hanteer. Die eerste toets begin Vrydag op Kingsmead in Durban.
# En die finansiële aanwysers: Die rand verhandel teen 16-rand-70-sent teen die dollar, 18-rand-69-sent teen die euro en 22-rand-7-sent teen die pond. Bitcoin verhandel teen 86-duisend-208-dollar. Die prys van goud is vier-duisend-155-dollar-73-sent per fynons en die prys van Brent-ruolie is 104-dollar-75-sent per vat.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….