Skip to content

Rugby: Eerste plaaslike derbies van VRK-seisoen vind die naweek plaas

# Rugby: Die eerste plaaslike derbies van die nuwe Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen vind komende naweek plaas wanneer die Stormers en die Haaie in Kaapstad ontmoet en die Bulle en die Leeus op Loftus. Die Haaie is tans boaan die punteleer na twee tuis-oorwinnings en die Leeus is ook onoorwonne in hulle eerste twee wedstryde in Johannesburg. Die Stormers en die Bulle het gemengde uitslae gehad in hulle weg-wedstryde. Die Leeus is tans derde op die punteleer, die Bulle sewende en die Stormers agste.