# ʼn Kenner van internasionale betrekkinge, Kingsley Makhubela, sê die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, misluk in sy diplomatieke sending om verhoudinge te herbou. Bozell sê die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het hom persoonlik beledig. Lamola het gesê Bozell moet “uit die kombuis kom” as hy nie meer glo […]
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie vra groter erkenning vir vroue in die onderwysberoep en beklemtoon hul noodsaaklike rol in die vorming van toekomstige geslagte. Dit is vandag Wêreld-onderwyserdag met die tema: “Staan by onderwysers: 60 jaar se beskerming van die beroep, die bevordering van die status daarvan en die vorming van ons toekoms“. SADOU se […]
# Die Amerikaanse kuswag het sy soektog na ses mense aan boord van ʼn mediese vliegtuig gestaak. Die vliegtuig het Saterdagoggend naby Nantucket vermis geraak nadat dit in Bermuda opgestyg het. Die lugambulans was in kontak met lugbeheer in New York toe dit ʼn noodgeval verklaar het. Die Kanadese maatskappy, Latitude Air Ambulance wat mediese […]
# Sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê bewerings dat die ANC in die Oos-Kaap besig is om ineen te stort, is ongegrond. Die Hooggeregshof in KuGompo in die Oos-Kaap het die party verlede week opdrag gegee om elektroniese lidmaatskapinligting te oorhandig. Dit hou verband met ‘n saak wat deur drie ANC-lede aanhangig gemaak is. Hulle wou hê […]
# Krieket: Die Protea-snelbouler Anrich Nortjé is opgewonde oor die vooruitsig om weer in ʼn toets-span te wees. Die 32-jarige, wat in 2023 laas in ʼn toets gespeel het, is ingesluit in Suid-Afrika se voorlopige groep van 18 vir die Wêreld-toetskampioenskapsreeks van drie wedstryde teen Australië. Nortjé sê hy het voorberei om moontlik opgeroep te […]
# Tshwane-distrik se polisie het die naweek 324 verdagtes in hegtenis geneem tydens ʼn Operasie Shanela-operasie in Eersterust en Villieria. Die verdagtes se misdade sluit in moord, poging tot moord, gewapende roof en geslagsgeweld. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê nog 35 onwettige immigrante is aangekeer en aan immigrasiebeamptes oorhandig: