Skip to content

Krieket: Anrich Nortjé is gereed vir kragmeting met Australië

# Krieket: Die Protea-snelbouler Anrich Nortjé is opgewonde oor die vooruitsig om weer in ʼn toets-span te wees. Die 32-jarige, wat in 2023 laas in ʼn toets gespeel het, is ingesluit in Suid-Afrika se voorlopige groep van 18 vir die Wêreld-toetskampioenskapsreeks van drie wedstryde teen Australië. Nortjé sê hy het voorberei om moontlik opgeroep te word, en het gefokus op sy vaardighede met die rooi bal, sy lopietelling geleidelik op te bou en meer boulbeurte te hanteer. Die eerste toets begin Vrydag op Kingsmead in Durban.