# Sekretaris-generaal Fikile Mbalula sê bewerings dat die ANC in die Oos-Kaap besig is om ineen te stort, is ongegrond. Die Hooggeregshof in KuGompo in die Oos-Kaap het die party verlede week opdrag gegee om elektroniese lidmaatskapinligting te oorhandig. Dit hou verband met ‘n saak wat deur drie ANC-lede aanhangig gemaak is. Hulle wou hê […]
# Krieket: Die Protea-snelbouler Anrich Nortjé is opgewonde oor die vooruitsig om weer in ʼn toets-span te wees. Die 32-jarige, wat in 2023 laas in ʼn toets gespeel het, is ingesluit in Suid-Afrika se voorlopige groep van 18 vir die Wêreld-toetskampioenskapsreeks van drie wedstryde teen Australië. Nortjé sê hy het voorberei om moontlik opgeroep te […]
# Tshwane-distrik se polisie het die naweek 324 verdagtes in hegtenis geneem tydens ʼn Operasie Shanela-operasie in Eersterust en Villieria. Die verdagtes se misdade sluit in moord, poging tot moord, gewapende roof en geslagsgeweld. Die polisiewoordvoerder, Johan van Dyk, sê nog 35 onwettige immigrante is aangekeer en aan immigrasiebeamptes oorhandig:
# Die Departement van Bosbou, Visserye en die Omgewing het geen verdere berigte van dooie of siek sardyne ontvang sedert ‘n geïsoleerde voorval naby Mbotyi aan die noordelike Wildekus nie. Die Suid-Afrikaanse Instituut vir Akwatiese Bioverskeidenheid het bevestig dat sardyn-herpesvirus ontdek is in ʼn sardynmonster van 1 September in Port St Johns. Die departement se […]
# Die Stad Kaapstad sê hy het ‘n omvattende verslag by die Konstitusionele Hof ingedien wat in ooreenstemming met grondwetlike verpligtinge, duidelike vordering met bekostigbare behuising toon. Die hof het in Julie bevind die owerhede het versuim om die behoefte aan bekostigbare behuising in goed geleë dele van Kaapstad, insluitend Tafelberg, voldoende aan te spreek. […]
# Die minister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Mamoloko Kubayi, sê elke leerder het geleentheid om deel te neem aan en uit te blink in regsgeletterdheidsprogramme. Sy het die Suid-Afrikaanse Nasionale Skole-skynhofprogram in die Konstitusionele Hof toegespreek. Kubayi sê dit gee leerdersdie geleentheid om kennis te maak met grondwetlike regte en die beskerming van kinders […]