# Rugby: Die eerste plaaslike derbies van die nuwe Verenigde Rugbykampioenskap-seisoen vind komende naweek plaas wanneer die Stormers en die Haaie in Kaapstad ontmoet en die Bulle en die Leeus op Loftus. Die Haaie is tans boaan die punteleer na twee tuis-oorwinnings en die Leeus is ook onoorwonne in hulle eerste twee wedstryde in Johannesburg. […]
# Rugby: Die Stormers se direkteur van rugby, John Dobson, beplan om sy span te versterk met terugkerende Springbokke vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskaps-tuisderby teen die Haaie. Die Kaapstadse span het sy eerste wedstryd van die seisoen in Ierland teen Connacht gewen, maar daarna in Skotland vasgeval teen Edinburgh. Die Bokke wat vir hulle derde […]
# City Power in Johannesburg kan nie vandag se teiken bevestig vir die herstel van kragonderbrekings in Marshalltown en omstreke nie. Dit volg na ʼn oorvonking by ʼn stroombreker en rook in die toevoerbord-vertrek by Sentraal-substasie tydens gister se poging om kragtoevoer te herstel. Woordvoerder Isaac Mangena sê die substasie is afgesonder terwyl spanne die […]
# ʼn Kenner van internasionale betrekkinge, Kingsley Makhubela, sê die Amerikaanse ambassadeur in Suid-Afrika, Leo Brent Bozell, misluk in sy diplomatieke sending om verhoudinge te herbou. Bozell sê die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, het hom persoonlik beledig. Lamola het gesê Bozell moet “uit die kombuis kom” as hy nie meer glo […]
# Die Suid-Afrikaanse Demokratiese Onderwysersunie vra groter erkenning vir vroue in die onderwysberoep en beklemtoon hul noodsaaklike rol in die vorming van toekomstige geslagte. Dit is vandag Wêreld-onderwyserdag met die tema: “Staan by onderwysers: 60 jaar se beskerming van die beroep, die bevordering van die status daarvan en die vorming van ons toekoms“. SADOU se […]
# Die Amerikaanse kuswag het sy soektog na ses mense aan boord van ʼn mediese vliegtuig gestaak. Die vliegtuig het Saterdagoggend naby Nantucket vermis geraak nadat dit in Bermuda opgestyg het. Die lugambulans was in kontak met lugbeheer in New York toe dit ʼn noodgeval verklaar het. Die Kanadese maatskappy, Latitude Air Ambulance wat mediese […]