# Brasilië se presidentsverkiesing stuur af op ʼn herstemming nadat die regse Flávio Bolsonaro, ʼn bondgenoot van president Donald Trump van Amerika, die eerste rondte gewen het. Die 45-jarige Bolsonaro het 47,24-persent van die stemme gekry en die sittende linkse president, Lula da Silva, 44,91-persent. Nie een kon meer as 50-persent en dus ʼn volstrekte meerderheid […]
# Tennis: Die 24-malige Grand Slam-wenner, Novak Djokovic, is steeds op koers om die Chinese Ope die sewende keer te wen. Hy het die eerste-gekeurde Alexander Zverev van Duitsland geklop en die halfeindronde gehaal. Die Serwiër se wenrekord van 32-0 in Beijing is die beste ooit in ‘n mansenkelspel-toervlak-toernooi in die Ope-era. Hy speel volgende […]
# ʼn News24/SABI-meningspeiling toon indien die plaaslikeregeringsverkiesing môre gehou word, sal die ANC steeds die grootste party wees met 31,6-persent. Dit is egter 14-persentasiepunte minder as in die plaaslikeregeringsverkiesing van 2021. Die DA met 25,2-persent is nasionaal binne vyf punte van die ANC, gevolg deur die MK-party op 14,7-persent. Volgens die meningspeiling loop die DA […]
# Die polisie in Limpopo het ‘n geregtelike doodsondersoek begin nadat die liggaam van ‘n 22-jarige vrouestudent van die Universiteit van Limpopo langs die omheining net buite die kampus in Sovengastraat gevind is. Sy was gedeeltelik geklee en het haar identiteitsdokument en kaart van die Nasionale Skema vir Finansiële Bystand aan Studente by haar gehad. […]
# Die adjunkminister in die Presidensie, Nonceba Mhlauli, moedig Suid-Afrikaners en veral jongmense aan, om hul demokratiese reg uit te oefen en in die plaaslike regeringsverkiesing in November te stem. Altesaam 142-duisend-en-72 kandidate is benoem om tien-duisend-526 raadsetels in munisipaliteite te betwis. Die Interministeriële Komitee oor Plaaslike Regeringsverkiesings is tevrede met die voorbereidings vir die […]
# Amerika se lugmag het al sy bomwerpers van RAF Fairford in Gloucestershire verwyder nadat die Britse lugmagbasis verlede maand vermoedelik die teiken van ʼn terreur-aanval was. Vyf Britse burgers is onder verdenking van terrorisme gearresteer, maar is op borgtog vrygelaat. Eerste minister Andy Burnham het verlede week gesê daar is “sterk aanduidings dat Iran […]