# Motorsport: Max Verstappen het sy eerste oorwinning van die seisoen vir Red Bull behaal tydens ‘n chaotiese Bahreinse Grand Prix in Maleisië wat gekenmerk is deur stortreën, ‘n lang vertraging tydens wegspring en veiligheidsmotors. Kimi Antonelli van Mercedes was tweede en het sy bestuurderskampioenskaps-voorsprong bo sy spanmaat George Russell tot 84 punte vergroot nadat […]
# Die KwaZulu-Natalse Departement van Vervoer en Menslike Nedersettings sê 38 motoriste is die afgelope naweek in Newcastle vir dronkbestuur in hegtenis geneem. Woordvoerder Ndabezinhle Sibiya sê 24 is Saterdagaand in hegtenis geneem. Onder diegene wat in hegtenis geneem is, was beroepslui, ‘n student aan die Universiteit van KwaZulu-Natal en ‘n pensioenaris. Een bestuurder is […]
# Sokker: Orlando Pirates het die Hooggeregshof in Johannesburg genader om 20,2-miljoen-rand wat met beweerde bedrog in die klub se finansiële afdeling verbind word, te bevries. Volgens hofstukke het ‘n forensiese ondersoek 742 verdagte betalings aan die lig gebring en 20,2-miljoen-rand opgespoor wat tussen 2016 en 2026 na bewering sonder magtiging herlei is. Die klub […]
# Die Parlement werk aan regulasies wat hom inspraak kan gee as die Nasionale Tesourie munisipaliteite se fondse terughou. Die voorsitter van die Portefeuljekomitee oor Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Zweli Mkhize, sê dit volg nadat die Tesourie billike-aandeeltoekennings van 69 munisipaliteite teruggehou het weens beweerde finansiële wanbestuur en die nie-nakoming van die Wet op […]
# Die IVP het die 30-dae-aftelling tot die 2026 plaaslike regeringsverkiesing afgeskop met veldtogbyeenkomste in Durban en Volksrust in KwaZulu-Natal. Die IVP-president, Velenkosini Hlabisa, het ook die party se eThekwini-verkiesingsmanifes bekend gestel. Die adjunkpresident, Inkosi Mzamo Buthelezi, en adjunk-nasionale voorsitter, Thembeni kaMadlopha Mthethwa, lei ‘n byeenkoms in Mpumalanga. Dit volg terwyl Suid-Afrikaners die dae aftel […]
# Die polisiekommissaris van Limpopo, Jan Scheepers, sê die polisie moet sy pogings verskerp om geslagsgeweld en vrouemoord te bekamp. Scheepers het tydens die bevordering van 167 provinsiale polisiebeamptes aan die SABC beklemtoon hoe noodsaaklik dit is om vroue en kinders teen geweld te beskerm. Sy uitlatings volg te midde van voortdurende regeringspogings om die […]
# Sokker: Die Suid-Afrikaanse vleuel Relebohile Mofokeng wek belangstelling van verskeie Europese klubs ná sy indrukwekkende begin by die Belgiese span Union Saint-Gilloise in Brussel, België. Die oordragkenner Ekrem Konur sê Chelsea, Brighton, Atletico Madrid en Napoli hou die 21-jarige dop. Mofokeng het volgens berigte in Julie van Orlando Pirates na Union oorgeskakel teen ‘n […]
# Die GOOD-party is bekommerd oor die toestand van openbare ontspanningsruimtes in munisipaliteite in aanloop tot die munisipale verkiesing in November. Die party se sekretaris-generaal, Brett Herron, sê swak instandhouding van parke en openbare geriewe ontneem gemeenskappe van veilige ontspannings- en sportgeriewe. Herron sê kinders se speelgeriewe verroes in rioolwater wat nie wegvloei nie. Hy […]
# Die president van die African Congress for Transformation, Ace Magashule, sê die party se manifes vir die plaaslike verkiesing fokus op praktiese oplossings vir uitdagings waarmee gemeenskappe daagliks worstel. Magashule het in Welkom in die Vrystaat, die party se fokus op werkloosheid, basiese dienslewering en onderwys uitgelig. Hy sê die party sal gemeenskappe raadpleeg […]