# Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika bly verbind tot die stigtingsvisie van die Ontwikkelingsagentskap van die Afrika-Unie en die Nuwe Vennootskap vir Afrika se Ontwikkeling om ‘n voorspoedige en selfstandige Afrika te bou. Lamola het tydens die AUDA-NEPAD-stigtersberaad in Egipte gesê vrede, veiligheid en menslike ontwikkeling bly kernprioriteite. Hy […]
# Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het een-duisend-965 beamptes bevorder tot hoër range. Die SAPD sê dit is die eerste bevorderings van sowat drie-duisend wat in die huidige boekjaar beplan word, met ‘n tweede groep wat na verwagting teen 1 November aangekondig sal word. Beamptes wat bevorder is sluit in, 201 kolonels, 622 luitenant-kolonels, 899 kapteins en […]
# Die Labour-party het ‘n maand voor die plaaslike regeringsverkiesing sy belangrikste verkiesingsbeloftes uiteengesit tydens ‘n verkiesingsbyeenkoms in Mzinti, Nkomazi, in Mpumalanga. Waarnemende sekretaris-generaal, Gift Antonio, sê die party wil betroubare basiese dienste soos water, sanitasie, elektrisiteit en vullisverwydering herstel en werksgeleenthede skep. Hy sê die party stel veiliger woonbuurte voor deur straatligte in ‘n […]
# Die EFF-leier, Julius Malema, sê geen student behoort universiteit toe te gaan en dan verhinder word om te registreer weens ‘n probleem met klasgeld nie. Malema het tydens die party se provinsiale manifes-byeenkoms in Motherwell, Gqeberha, in die Oos-Kaap gepraat. Hy voer aan universiteite moet studente se identiteitsnommers gebruik om vas te stel of […]
# Sokker: Bafana Bafana pak Egipte vanaand in ‘n internasionale vriendskaplike wedstryd op die Kaïro Internasionale Stadion. Pitso Mosimane het sy tweede termyn as Bafana-afrigter goed begin met oorwinnings oor Guinee en Eritrea, waarin sy span sewe doele aangeteken het. Egipte is ook vol selfvertroue nadat die span Suid-Soedan met 5-0 geklop het. Bafana het, […]
# President Cyril Ramaphosa het in Egipte aangekom om die agtste halfjaarlikse koördineringsvergadering van die Afrika-unie in sy hoedanigheid as SAOG-voorsitter by te woon. Die vergadering vind vandag in El-Alamein plaas tussen Afrika-leiers en streeksekonomiese gemeenskappe. Besprekings sal fokus op nouer samewerking tussen Afrika-lande, die uitvoering van Agenda 2063, die Afrika-kontinentale-vryhandelsooreenkoms, infrastruktuur, water en sanitasie, […]
# Die ANC-Vroueliga, geloofsorganisasies, politieke partye en ander belanghebbendes hou vandag ‘n Nasionale gebeds- en gedenkdiens in Ekurhuleni vir vroue wat weens geslagsgeweld en vrouemoord gesterf het. Die liga se sekretaris-generaal, Nokuthula Nqaba, sê die byeenkoms volg ná oproepe vir ‘n gesamentlike nasionale reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord. Sy sê die diens bring hulde aan […]
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê voorbereidings vir die 4 November-plaaslike regeringsverkiesing is op koers, met nog vier weke voor kiesers stembus toe gaan. Hy sê die oorblywende tydperk is uiters belangrik en die regering werk saam met verskeie departemente om te verseker die proses verloop vreedsaam en geloofwaardig. […]