Nuus 11:00
BULLETIN 4 Oktober 11 vm
Goeiemôre. Ek is……..
In die bulletin:
# Minister Hlabisa sê voorbereidings vir die plaaslike regeringsverkiesing is op koers
# President Cyril Ramaphosa woon die Afrika-unie se halfjaarlikse koördineringsvergadering in Egipte by
# En sokker: Bafana pak Egipte in ‘n vriendskaplike wedstryd in Kaïro
# Die minister van Samewerkende Regering en Tradisionele Sake, Velenkosini Hlabisa, sê voorbereidings vir die 4 November-plaaslike regeringsverkiesing is op koers, met nog vier weke voor kiesers stembus toe gaan. Hy sê die oorblywende tydperk is uiters belangrik en die regering werk saam met verskeie departemente om te verseker die proses verloop vreedsaam en geloofwaardig. Hlabisa sê die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal ook weervooruitsigte verskaf omdat stemdag met die somerreënseisoen en ‘n ontwikkelende El Niño-verskynsel saamval:
# President Cyril Ramaphosa het in Egipte aangekom om die agtste halfjaarlikse koördineringsvergadering van die Afrika-unie in sy hoedanigheid as SAOG-voorsitter by te woon. Die vergadering vind vandag in El-Alamein plaas tussen Afrika-leiers en streeksekonomiese gemeenskappe. Besprekings sal fokus op nouer samewerking tussen Afrika-lande, die uitvoering van Agenda 2063, die Afrika-kontinentale-vryhandelsooreenkoms, infrastruktuur, water en sanitasie, asook konflikvoorkoming. Ramaphosa sal ook bilaterale gesprekke met ander staatshoofde oor Afrika-kwessies voer.
# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, sê hy sal toesig verskerp ná aanbevelings van die Ouditeur-generaal. Die aanbevelings sluit in, noukeurige toesig oor departementele bestuur, bestuurstrukture, aanstellings, die befondsing van vaardigheidsontwikkeling en leerderuitkomste. Manamela sê regstellende stappe moet gedoen word sodra tekortkominge geïdentifiseer word. Hy het ook gevra vir indringende ondersoeke na die Konstruksie-onderwys- en Opleidingsowerheid, die Noord-Kaapse Stedelike kollege vir Tegniese en Beroeps-onderwys en -opleiding en universiteite se regskoste. Die minister sê aanspreeklikheid moet op alle bestuursvlakke geld.
# Die ANC-Vroueliga, geloofsorganisasies, politieke partye en ander belanghebbendes hou vandag ‘n nasionale gebeds- en gedenkdiens in Ekurhuleni vir vroue wat weens geslagsgeweld en vrouemoord gesterf het. Die liga se sekretaris-generaal, Nokuthula Nqaba, sê die byeenkoms volg ná oproepe vir ‘n gesamentlike nasionale reaksie op geslagsgeweld en vrouemoord. Sy sê die diens bring hulde aan slagoffers en toon solidariteit tussen politieke, geloofs- en gemeenskapsgroepe in die stryd teen hierdie krisis.
Intussen waarsku die Motorbedryf-personeelvereniging ouers teen ‘n toenemende gevaar rakende die aanlyn seksuele misbruik van kinders. Die Nasionale Sentrum vir Kinderbeskerming sê mense wat kinders aanlyn teiken wen hul vertroue op sosiale media en boodskaptoepassings. MISA se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, vra ouers om hul kinders se aanlynbedrywighede dop te hou en oop, sinvolle gesprekke met hulle te voer. Sy moedig ouers ook aan om bedag te wees op waarskuwingstekens, insluitend gedragsverandering:
# En laastens sokker: Bafana Bafana pak Egipte vanaand in ‘n internasionale vriendskaplike wedstryd op die Kaïro Internasionale Stadion. Pitso Mosimane het sy tweede termyn as Bafana-afrigter goed begin met oorwinnings oor Guinee en Eritrea, waarin sy span sewe doele aangeteken het. Egipte is ook vol selfvertroue nadat die span Suid-Soedan met 5-0 geklop het. Bafana het, toe die twee spanne in 2025 in die Afrikabeker-toernooi ontmoet het, met 1-0 teen Egipte verloor nadat Mohamed Salah ‘n strafdoel aangeteken het. Salah sal na verwagting vanaand se kragmeting op die Kaïro Internasionale Stadion misloop. Afskop is om agtuur vanaand.
Bly ingeskakel vir meer nuus……………….