# Die minister van Hoër Onderwys en Opleiding, Buti Manamela, sê hy sal toesig verskerp ná aanbevelings van die Ouditeur-generaal. Die aanbevelings sluit in, noukeurige toesig oor departementele bestuur, bestuurstrukture, aanstellings, die befondsing van vaardigheidsontwikkeling en leerderuitkomste. Manamela sê regstellende stappe moet gedoen word sodra tekortkominge geïdentifiseer word. Hy het ook gevra vir indringende ondersoeke […]
# Sokker: Kaartjies vir die 2026 MTN8-eindstryd tussen Orlando Pirates en Mamelodi Sundowns is amptelik uitverkoop. Die eindstryd vind volgende Saterdag op die Moses Mabhida-stadion plaas en die hekke open om twee-uur die middag. Die Premier-sokkerliga sê ondersteuners moet hul kaartjies op hul selfone aflaai, aangesien skermgrepe en gedrukte kaartjies nie aanvaar sal word nie. […]
# Die Motorbedryf-personeelvereniging waarsku ouers teen ‘n toenemende gevaar rakende die aanlyn seksuele misbruik van kinders. Die Nasionale Sentrum vir Kinderbeskerming sê mense wat kinders aanlyn teiken wen hul vertroue op sosiale media en boodskaptoepassings. MISA se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, vra ouers om hul kinders se aanlynbedrywighede dop te hou en oop, sinvolle gesprekke met […]
# Die Vryheidsfront Plus se veldtog in die aanloop tot die plaaslike verkiesing op 4 November is gefokus op die verbetering van swak dienslewering op plaaslike regeringsvlak. Die partyleier, Corné Mulder, sê gemeenskappe is gefrustreerd oor ontoereikende dienste, korrupsie en wat hy as onbevoegdheid beskryf. Mulder het in Bloemfontein gesê die party stel homself voor […]
# Rugby: Die Haaie, Leeus en Bulle was gister in die Verenigde Rugbykampioenskap in aksie. Die Haaie het die verdedigende kampioen, Leinster, op Kingspark met 26-20 geklop en ‘n bonuspunt-oorwinning behaal. Edwill van der Merwe het die deurslaggewende drie laat in die wedstryd gedruk. Die Leeus het ook hul tweede oorwinning in twee wedstryde behaal […]
# Die minister van Handel en Nywerheid, Parks Tau, sê Suid-Afrika en Egipte beweeg aan vanaf gesprekke na die uitvoering van planne om ekonomiese samewerking te versterk. Tau het op die Afrika-motorbeleggingsforum in Egipte gesê daar is geleenthede vir samewerking op gebiede soos motorvervaardiging, logistiek en nywerheidsparke. Hy sê die twee lande wil handel en […]
# Die organisasie vir maatskaplike geregtigheid en menseregte, Not In My Name International, veroordeel die moord op tiener-tweelingbroers in Mamelodi in Tshwane. Die seuns se liggame is Vrydag deur hul ma ontdek toe sy van die werk af teruggekeer het. Die organisasie se president, Themba Masango, sê hulle staan die gesin by en vra die […]
# Die regering veroordeel die moord op 14-jarige tweelingbroers in Mamelodi-Wes in Tshwane. Die tweeling se ma het haar seuns Vrydag dood in hul huis aangetref toe sy van die werk af kom. Die polisie sê die omstandighede rondom die voorval is steeds onduidelik en ondersoeke duur voort. Die adjunk-regeringswoordvoerder, William Baloyi, bepleit die spoedige […]