# Die regering veroordeel die moord op 14-jarige tweelingbroers in Mamelodi-Wes in Tshwane. Die tweeling se ma het haar seuns Vrydag dood in hul huis aangetref toe sy van die werk af kom. Die polisie sê die omstandighede rondom die voorval is steeds onduidelik en ondersoeke duur voort. Die adjunk-regeringswoordvoerder, William Baloyi, bepleit die spoedige […]
# Die Oekraïnse president, Volodimir Zelensky, sê sy land sal aanvalle op Russiese olieraffinaderye verskerp ná Moskou se nuwe beleid oor lugaanvalle wat mense wil dwing om Kiëf en ander stede te verlaat. Oekraïnse intelligensie het dokumente bekom wat aandui die Russiese president, Vladimir Putin, het ‘n nuwe aanvalstrategie teen burgerlike teikens goedgekeur. Zelensky sê […]
# Die Nasionale Vereniging van Motorvervaardigers van Suid-Afrika sê die land se mark vir nuwe voertuie toon steeds groei, met verkope wat in September 12,7-persent hoër was as in dieselfde maand verlede jaar. NAAMSA sê 61-duisend-645 voertuie is in die maand verkoop. Verkope van passasiersmotors het met bykans 15-persent gestyg, terwyl verkope van bakkies, afleweringsvoertuie […]
# Motorsport: Max Verstappen van Red Bull het sy eerste voorste wegspringplek van die 2026-seisoen in die Bahreinse Grand Prix ingepalm. Die wedren word vanjaar in Maleisië gehou weens geopolitieke spanning. Die Nederlander deel die voorste ry met Lewis Hamilton van Ferrari. Kimi Antonelli van Mercedes is derde, voor Charles Leclerc van Ferrari, gevolg deur […]
# Die hoof van Tennessee se Departement van Korrektiewe Dienste gaan dié maand bedank, ná die staat se mislukte poging om die veroordeelde moordenaar, Christa Pike, met ‘n dodelike inspuiting tereg te stel. Sy is in ‘n bedenklike toestand in die hospitaal. Sy het Woensdag haar bewussyn verloor na die inspuiting en is aan ‘n […]
# Die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, verwerp bewerings dat die versuim om bykomende befondsing vir die SABC se dekking van die plaaslike regeringsverkiesing beskikbaar te stel, doelbewus was. Die SABC sê hy is gereed vir die verkiesing op 4 November, ondanks finansiële uitdagings. Die uitsaaier het die Nasionale Tesourie gevra vir […]
# Infrastruktuur Suid-Afrika sê 110 projekte ter waarde van ongeveer 395-duisend-miljard-rand wat in sy jongste oorsig van beplande konstruksieprojekte vervat is, sal na verwagting binne die volgende 12- tot 18-maande die verkrygings- en tenderfase bereik. Die projekte sluit in, die opgradering van die nasionale spoorwegnetwerk en spoordeurgange, die verkryging van die nuwe operateur wat die […]
# Dit is vandag presies ‘n maand voor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November en politieke partye is steds besig met landswye verkiesingsveldtogte. Die Verkiesingskommissie sê hy is gereed, met meer as 29-miljoen kiesers wat geregistreer is. Die voorsitter, Mosotho Moepya, sê die kiesersrol is die grootste nóg in ‘n plaaslike regeringsverkiesing. Hy sê dit […]