# Sokker: Bafana Bafana se afrigter, Pitso Mosimane, gaan verskeie veranderings aan die span aanbring wanneer Suid-Afrika môreaand teen Egipte in ‘n vriendskaplike wedstryd op die Kaïro Internasionale Stadion te staan kom. Mosimane wil spelers wat nie tydens die oefenkamp speeltyd gekry het nie, die geleentheid bied om hul staal te toon. Nuwe gesigte soos […]
# Die Gautengse polisie ondersoek ‘n dubbele moord nadat 14-jarige tweeling seuns vermoor is in hul huis in Mamelodi-Wes, Tshwane. Die seuns se ma het volgens berigte op die lewelose liggame in hul slaapkamer afgekom toe sy van die werk af teruggekeer het. Die seuns het verskeie steekwonde opgedoen. Die motief vir die moorde is […]
# Die Afrika-kommissie vir Mense- en Volkeregte vra ‘n veelvlakkige benadering tot Suid-Afrika se toenemende krisis met geslagsgeweld en vrouemoord. Die oproep volg op ‘n ondersoek om inligting in te win, waarby die regering, burgerlike samelewing en ander belanghebbendes betrokke was. Die kommissie se spesiale rapporteur, Solomon Ayele Dersso, sê slegs wetstoepassing en veiligheidsmaatreëls is […]
# Die kommissaris van die Grensbestuursowerheid, Michael Masiapato, sê beduidende vordering is gemaak in die stryd teen bedrog en korrupsie in die grens- en immigrasiesektor. Masiapato het op die OR Tambo Internasionale Lughawe gesê die owerheid het 57 dissiplinêre sake hanteer tussen Julie en September. Altesaam 17 amptenare is afgedank, twee het laaste waarskuwings ontvang […]
# Die Spesiale Tribunaal het die voormalige ANC-woordvoerder, Pule Mabe, se aansoek verwerp om siviele verrigtinge te staak in verband met ‘n beweerde onreëlmatige tender van 27,6-miljoen-rand vir afvalverwyderingsvoertuie in Gauteng. Die tribunaal het bevind Mabe se betoë is ongegrond en die aansoek was bloot daarop gemik om aanspreeklikheid te ontduik. Gevolglik kan die Spesiale […]
# NamLamb het aan die 2026 Lamb Champs-kompetisie onttrek weens die uitbreking van bek-en-klouseer in Namibië. Lamb Champs is ‘n landboukompetisie waar boere meeding om te bepaal wie die lamvleis met die beste smaak produseer. Die Namibiese span sou op 31 Oktober teen Suid-Afrikaanse boere meeding, maar beperkings op die beweging van lewende hawe en […]
# Die Universiteit van die Wes-Kaap sê professor Fanelwa Ngece-Ajayi se reis van haar kinderjarejare in Khayelitsha tot waar sy nou ’n vooraanstaande wetenskaplike is, toon die krag van onderwys, mentorskap en die ondersteuning van die gemeenskap. Ngece-Ajayi se navorsing fokus op groen nanotegnologie, insluitend sensors vir geneesmiddelmetabolisme, watersuiwering en tegnologieë om skadelike mikrobes te […]
# Atletiek: Die Sweeds-Amerikaanse paalspringsensasie Mondo Duplantis het aangekondig dat hy die binnenshuise seisoen gaan oorslaan om te rus en vir die buitelugseisoen voor te berei. Die 26-jarige wêreld- en Olimpiese kampioen sê sy liggaam het herstel nodig sodat hy op sy beste kan presteer wanneer hy in Mei volgende jaar weer begin deelneem. Die […]