# President Cyril Ramaphosa sê meer gereelde en hewiger klimaatsrampe dreig om swaarverdiende ontwikkelingsvordering ongedaan te maak en ongelykheid te vererger. Ramaphosa het tydens die BRICS-leiersberaad in Nieu-Delhi gesê die bou van veerkragtigheid is noodsaaklik vir inklusiewe groei en menslike ontwikkeling. Hy het Indië geprys omdat hulle veerkragtigheid eerste stel en gesê dit strook met […]
# Soil of Africa sê Suid-Afrika het nie net ‘n winsgewende Transnet nodig nie, maar een wat ‘n sterker rol speel in ekonomiese groei. Transnet het einde Maart 4,6-miljard-rand se wins aangeteken teenoor die vorige boekjaar se netto-verlies van 1,9-miljard-rand. Woordvoerder Luzuko Sofute sê egter ‘n sterker logistieke stelsel is noodsaaklik om plaaslike ondernemings te […]
# Die Vryheidsfront Plus het sy verkiesingsmanifes vir die plaaslikeregeringsverkiesing in Pretoria-Oos bekendgestel onder die tema: “Dit is ons tyd”. Die partyleier, Corné Mulder, sê Suid-Afrika het in 1994 een-duisend-262 plaaslike munisipaliteite gehad, vergeleke met 213 vandag, terwyl vinnig groeiende stedelike bevolkings toenemende druk op munisipaliteite plaas. Mulder sê baie munisipaliteite sukkel nou om voldoende […]
# Agt mense, insluitend twee minderjariges, is vanoggend in ‘n botsing reg van voor dood op die N17-tolpad in Mpumalanga. ‘n Toyota- en ‘n Volkswagen-sedan het naby die Ermelo-tolplaza, tussen Ermelo en Davel, gebots. Die woordvoerder van die Departement van Gemeenskapsveiligheid, Sekuriteit en Skakeling, Moeti Mmusi, sê die oorsaak van die botsing is nog nie […]
# Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, het die regering se verbintenis herbevestig om met geloofsorganisasies saam te werk ten einde gesinne te versterk, kwesbare gemeenskappe te ondersteun en ‘n omgee-samelewing te bou wat veerkragtig saamstaan. Pule het adjunkpresident Paul Mashatile verteenwoordig by ‘n Sabbat-kerkdiens wat aangebied is deur die Thulani-tempel van die Nazareth […]
# Rugby: Rassie Erasmus sê die Springbokke se oorwinning van 43-28 oor die All Blacks in Baltimore was nouer as wat die telling aangedui het. Die Springbok-afrigter sê hy het gevoel die uitslag het tot die laaste tien minute in die weegskaal gehang. Hy het lof vir Nieu-Seeland se terugvegpoging nadat Suid-Afrika vroeg in die […]
# Die polisie het die soektog na die 38-jarige Elizabeth Moselakgomo, ook bekend as “Tsontso”, wat in Kempton Park, Ekurhuleni, as vermis aangemeld is, verskerp. Moselakgomo het na bewering Woensdagmiddag haar huis verlaat om te gaan draf, maar nie teruggekeer nie. Polisiewoordvoerder Athlenda Mathe sê toe Moselakgomo nie later daardie aand huis toe gekom het […]