# Die hoof van die Afrika-kommissie vir Mense- en Volkeregte, Solomon Ayele Dersso, sê Suid-Afrika het die reg om sy immigrasiewette toe te pas, terwyl die regte van ongedokumenteerde migrante beskerm word. Dersso het in Pretoria gepraat nadat ‘n afvaardiging sy vyf-dae-lange bevorderingsending na Suid-Afrika afgehandel het. Hy sê die feit dat iemand nie oor […]
# Byna alle katkos wat in ‘n nuwe ondersoek getoets is, het giftige stowwe bevat, insluitend chemikalieë wat in plastiek voorkom, die onkruiddoder glifosaat en swaarmetale soos lood, kwik en arseen. Die ondersoek, deur die Clean Label Project, het bevind katte kan deur hul leeftyd blootgestel word aan hiedie stowwe want hulle eet dikwels elke […]
# Eskom het 504 opeenvolgende dae sonder beurtkrag aangeteken en sy energiebeskikbaarheidsfaktor vir die jaar het tot dusver tot 68,11-persent verbeter. Die nutsmaatskappy sê dieseluitgawes het met 4,79-miljard-rand gedaal, ‘n afname van 80,49-persent vergeleke met die vorige jaar. Onbeplande kragonderbrekings het ook verbeter, met bykans twee-duisend-943 megawatt wat weer in gebruik geneem is. Eskom sê […]
# Die Madlanga-kommissie het gelas die afgedankte voormalige adjunkhoof van die SAPD se Misdaadintelligensie-eenheid, generaal-majoor Feroz Khan, moet Dinsdag agter geslote deure getuig. Khan moet sy verklaring rakende sy getuienis teen 12-uur vanmiddag indien. Die kommissie sê enigiemand met toegang tot die verrigtinge mag nie opnames daarvan publiseer, uitsaai of op enige wyse versprei nie. […]
# Advokaat Amanda Nel het die ondersoekbeampte, speurder Nokukhanya Ndlovu, se getuienis bevraagteken in die borgtog-aansoek van die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya. Nel voer aan die reg berus nie op aannames nie en vra of daar enige bewyse is dat biskop Azwihangwi Maumela, in opdrag van Sibiya ‘n klaer gekontak het oor planne […]
# Die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, se regsverteenwoordiger, advokaat Amanda Nel, is bekommerd oor sy aanhouding in die Kgosi Mampuru-gevangenis in Pretoria. Nel het in die Randburgse Landdroshof gesê daar bestaan kommer oor Sibiya se veiligheid en behoorlike raadpleging met sy regspan. Die ondersoekbeampte, speurder Nokukhanya Ndlovu, het die bewerings betwis en gesê […]