# Die hoof van die Afrika-kommissie vir Mense- en Volkeregte, Solomon Ayele Dersso, sê Suid-Afrika het die reg om sy immigrasiewette toe te pas, terwyl die regte van ongedokumenteerde migrante beskerm word. Dersso het in Pretoria gepraat nadat ‘n afvaardiging sy vyf-dae-lange bevorderingsending na Suid-Afrika afgehandel het. Hy sê die feit dat iemand nie oor die nodige dokumentasie beskik nie, ontneem daardie persoon nie van sy of haar menseregte nie. Dersso het ook gevra vir streeksamewerking om georganiseerde misdaad en korrupsie in grensbestuurstelsels hok te slaan:
Hoof van Afrika-kommissie sê immigrasie-afdwinging in SA moet menseregte respekteer [KLANK]
ENG-DerssoOnImmigration