# Die Madlanga-kommissie het gelas die afgedankte voormalige adjunkhoof van die SAPD se Misdaadintelligensie-eenheid, generaal-majoor Feroz Khan, moet Dinsdag agter geslote deure getuig. Khan moet sy verklaring rakende sy getuienis teen 12-uur vanmiddag indien. Die kommissie sê enigiemand met toegang tot die verrigtinge mag nie opnames daarvan publiseer, uitsaai of op enige wyse versprei nie. Slegs die kommissarisse, aangewese getuienisleiers, verteenwoordigers van Diale Mogashoa Prokureurs en Khan se regspan sal toegelaat word om aanlyn die verrigtinge by te woon.
Madlanga-kommissie gelas Khan moet agter geslote deure getuig