# Die legendariese Suid-Afrikaanse musikant Babsy Mlangeni, is op die ouderdom van 83 oorlede. Mlangeni, wat as kind reeds blind was, het vir meer as vyf dekades as gevierde sanger, liedjieskrywer, komponis en kitaarspeler opgetree. Die Gautengse LUR vir Onderwys, Sport, Kuns, Kultuur en Ontspanning, Lebogang Maile, het Mlangeni se dood as ‘n groot verlies […]
# Die Departement van Basiese Onderwys sê die uitnemendheid wat deur die Nasionale Onderwyserstoekennings erken word, moet help om professionele ontwikkeling te bevorder. Die Departement het onderwysers wat toekennings ontvang het, aangemoedig om hul kennis en onderrigmetodes met kollegas te deel ten einde leer by skole te verbeter. Die woordvoerder, Terence Khala, sê voortdurende onderwyserontwikkeling […]
# Die Vryheidsfront Plus sê die arrestasie van drie voormalige Knysna munisipale amptenare weens beweerde korrupsie wat met ‘n sekuriteitskontrak verband hou, is ‘n stap in die rigting van groter aanspreeklikheid. Die voormalige burgemeester Thando Matika, die waarnemende munisipale bestuurder Boy Ngubo en die waarnemende hoof- finansiële beampte Busisiwe Lubelwana is in hegtenis geneem. Danie […]
# Nepal beplan om die watervlakke van vier hoëvlak gletsermere te verlaag ná ‘n onlangse ramp waarin meer as een-duisend-400 mense dood is en meer as vyf-duisend steeds vermis word. Die mere Thulagi, Lower Barun, Lumding Tsho en Hongu Two word as van Nepal se gevaarlikste beskou. Die projek van 50-miljoen-dollar sal van beheerde dreinering […]
# Sokker: Manchester City het appèl aangeteken teen die bevinding van ‘n onafhanklike kommissie dat die klub die Premierliga se finansiële reëls oortree het. City is skuldig bevind aan ernstige finansiële oortredings oor nege seisoene, van 2009 tot 2018, insluitend die gebruik van “skyn”-kommersiële kontrakte en die wanvoorstelling van rekeninge. City ontken die beskuldigings en […]
# Die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, sal na verwagting vra vir uitstel van sy dissiplinêre verhoor wat vir Maandag geskeduleer is. Sy regsverteenwoordigers voer aan hy kan nie voortgaan terwyl hy in aanhouding by die Kgosi Mampuru-korrektiewe sentrum is nie. Die dissiplinêre verrigtinge hou verband met bewerings van die Madlanga-kommissie, insluitend die beweerde […]
# Die Absa-aankopebestuurdersindeks is ná drie maande van inkrimping, terug op groeivlakke en het in September met 4,9-punte tot 50,7-gestyg. Aankope-bestellings het ook verbeter, terwyl sakebedrywighede skerp herstel het. Indiensneming het egter verswak, en vervaardigers het steeds te kampe met hoër brandstof-, vervoer- en insetkoste. Vertragings by die Durban-hawe in KwaZulu-Natal het ook die lewering […]
# Volgens die Europese Unie se Copernicus-klimaatdiens het meer as die helfte van Europa gedurende die somer baie sterk hittestres ervaar. Die rekord-syfer van 52-persent beteken dat mense oor meer as die helfte van die vasteland toestande ervaar het wat soos 38-grade Celsius gevoel het. Wes-Europa het sy warmste somer ooit beleef, met baie sterk […]
# Die Suid-Afrikaanse Gemeenskap van Geloofsgebaseerde Broederskappe en Federasies sê hy bied pastorale, emosionele en praktiese ondersteuning aan gesinne wat deur die onlangse massa-skietvoorvalle in KwaMakhutha in KwaZulu-Natal, Lwandle in Kaapstad en Wedela in Gauteng geraak is. Die skietvoorvalle het 40 lewens geëis en met talle wat beseer is. Die president van die groep, Bert […]