# Die Universiteit van Fort Hare het die afgetrede regter van die Konstitusionele Hof, Mbuyiseli Madlanga, tydens sy lente-gradeplegtigheid in Alice met ‘n ere-doktorsgraad in die regte vereer. Madlanga het in die Konstitusionele Hof gedien tot met sy aftrede in Julie 2025. Hy staan nou aan die hoof van die Madlanga-kommissie van ondersoek na beweerde […]
# Die minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, sê aansienlike vordering is gemaak met die bou van die Ntabelanga-dam in die Oos-Kaap. Die dam is deel van die Umzimvubu-waterprojek, wat saam met die Laleni- en Mbokazi-dam, miljarde rande beloop. Majodina sê die regering kon aanvanklik sowat nege-miljard-rand bekostig, wat ‘n herontwerp van die projek […]
# Vrag is besig om by Pakistan se hoofhawe in Karachi op te hoop terwyl vragmotorbestuurders weier om noord te ry uit vrees dat hul voertuie en houers gekonfiskeer sal word vir versperrings rondom Islamabad. Die polisie het in September meer as tweeduisend voertuie gekonfiskeer, waarvan baie steeds vrag vervoer. Die ontwrigting kom voor ‘n […]
# Die DA sê van die water- en elektrisiteitsinfrastruktuur in Tshwane word nie meer beveilig nie na munisipale veiligheidskontrakte gister verstryk het nie. Die party vra die stad om dié terreine dringend te beveilig, veral terwyl Tshwane steeds worstel met kragprobleme ná skade aan die Njala-toevoerstasie. Die DA-lid, Cilliers Brink, sê inwoners en privaat veiligheidsondernemings […]
# Die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika het sy ondersoek na die bekostigbaarheid van telekommunikasiedienste herbekendgestel. Dit sal stem- en datakoste ondersoek, veral vir lae-inkomste huishoudings, landelike gemeenskappe, jongmense en informele werkers. OKOSA sê bekostigbaarheid bly ‘n hindernis vir digitale insluiting ten spyte van uitgebreide netwerkdekking. Die ondersoek sal bedryfsdata, verbruikersopnames, openbare kommentaar en verhore insluit. […]
# Die Amerikaanse Departement van Verdediging oorweeg dit om sy gebruik van outonome toesigbote langs die Rio Grande en in die Golf van Mexiko uit te brei. Die sonkragaangedrewe vaartuie, wat ongeveer so groot soos kano’s is, word sedert Januarie gebruik om onwettige migrante en dwelmhandelaars op te spoor. Die huidige vloot bestaan uit 10 […]
# Amanda Nel, die verdedigingsadvokaat vir die geskorste adjunk- nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, het aangevoer mnr. M het moontlik ‘n motief om vals bewerings teen Sibiya te maak. Nel het aan die Randburgse landdroshof gesê Sibiya het mnr. M finansieel bygestaan, maar daarmee opgehou ná ‘n beweerde breuk tussen hulle. Sy het aangevoer dit het […]