# Die Wes-Kaapse Onderwysdepartement sê drie onderwysers in die provinsie het eerbewyse ontvang op die 26ste Nasionale Onderwystoekennings in Johannesburg. Die wenners is Mthobi Fihla van die Phakamisani Primary School in Plettenbergbaai, Danielle Bosch van Laerskool Koos Sadi in Goodwood en Hortense Stegmann van die Laerskool Welgemoed. Die drie was deel van 15 onderwysers wat […]
# Suid-Afrikaanse motoriste kan vanaf Woensdag rekordhoë brandstofpryse verwag, met die prys van 95-oktaan-petrol wat na verwagting met meer as drie-rand per liter sal styg en vir die eerste meer as 30-rand per liter sal kos. Die jongste syfers van die Sentrale Energiefonds toon die verhoging kan drie-rand-21-sent beloop, wat die binnelandse prys op sowat […]
# Rugby: Babalwa Latsha keer terug as die vaskopstut en kaptein van die Springbok-vrouespan vir Sondag se toetswedstryd in die Women’s-15 Global Series teen Spanje in Sevilla. Sy ruil plekke met Nombuyekezo Mdliki, wat op die bank begin. Die afrigters, Laurian Johannes-Haupt en Franzel September, het min veranderinge aangebring aan die span wat Italië verlede […]
# Krieket: Die snelbouler Jofra Archer gaan ook later die maand Engeland se driehoekige eendagreeks in Pakistan misloop. Hy kry ruskans, terwyl die paaltjiewagter Jos Buttler en die kolwer Jacob Bethell beseer is. Die draaibouler Adil Rashid en die veelsydige Sam Curran keer terug nadat hulle van beserings herstel het, terwyl Glamorgan se draaibouler, Mason […]
# Die geskorsde adjunk-nasionale polisiekommissaris, Shadrack Sibiya, se regsverteenwoordiger, Amanda Nel, het aangevoer ‘n 16-jarige meisie is nie gedwing om intieme foto’s van haarself te neem nie. Nel het in die Randburgse Landdroshof in Gauteng gesê die meisie het die foto’s moontlik met ander mense gedeel voor dit in Sibiya se besit beland het. Ondersoekbeampte […]
# Japan se eerste sittende burgemeester wat kraamverlof geneem het, is op TIME se TIME100 Next-lys van opkomende wêreldleiers aangewys. Die 36-jarige burgemeester van Yawata, Shoko Kawata, het in 2023 die jongste vroue-burgemeester in Japan geword. Sy het in Julie kraamverlof geneem en verlede maand geboorte geskenk aan haar eersteling-dogter. Kawata het haar pligte vir […]
# Statistiek Suid-Afrika sê elektrisiteitsopwekking het in Augustus met 7,1-persent afgeneem. Kragverbruik het ook met 1,1-persent gedaal vergeleke met Augustus verlede jaar. Seisoensaangepaste elektrisiteitsopwekking het maandeliks met 0,2-persent afgeneem, terwyl kragverbruik met 0,3-persent toegeneem het. Woordvoerder Tsholofelo Ditinti sê elektrisiteitsopwekking het in die drie maande tot Augustus met 0,9-persent afgeneem, terwyl elektrisiteitsverbruik oor dieselfde tydperk […]