# Krieket: Kolwers kan nou met vyf lopies gestraf word indien hulle tyd mors. Die Internasionale Krieketraad se nuwe speelvoorwaardes bepaal ‘n kolwer sal ‘n waarskuwing kry as hy te lank neem om gereed te maak vir die volgende aflewering, ‘n finale waarskuwing vir ‘n tweede oortreding, en ‘n straf van vyf lopies vir ‘n […]
# Sokker: Nog ‘n Spaanse klub behoort nou aan die Argentynse held Lionel Messi. Hy het die meerderheidsbelang van die tweedeliga-span CD Eldense bekom nadat hy vroeër in UE Cornellà belê het. Die 39-jarige Messi, wat verlede maand uit internasionale sokker getree het, speel steeds vir die Amerikaanse klub Inter Miami. Hy het Eldense se […]
# Statistiek Suid-Afrika sê die aantal likwidasies het in Augustus met 15,3-persent afgeneem, vanaf 268 tot 227. Twee-en-dertig ondernemings het gelikwideer en likwidasies van beslote korporasies het met nege afgeneem. Woordvoerder Onica Mushwana sê likwidasies was 13,7-persent minder in die drie maande tot Augustus, en 6,4-persent in die eerste agt maande vanjaar, vergeleke met dieselfde […]
# Die ANC sê die DA en ActionSA het die Stad Johannesburg se finansieringsplan vir sy kapitaalprogram versper. Hy sê dit sou help om infrastruktuurprojekte vir elektrisiteit, water, paaie en vervoer te finansier as deel van ‘n program van 25-miljard-rand. ANC-woordvoerder Mantombi Nkosi sê die twee partye kan nie kla oor kragonderbrekings, wateronderbrekings en slaggate, […]
# Sowat 400 skole en ander opvoedkundige instellings in Frankryk sal na verwagting vandag gesluit bly met leerderbetogings oor onderwysertekorte en vervalle skoolgeboue wat in sekere gebiede gewelddadig geraak het. Die betogings het verlede maand in die Parys-omgewing en landwyd versprei. Tientalle mense is beseer en die polisie het reeds honderde in hegtenis geneem. Betogers […]
# Die afgetrede Konstitusionele Hof-regter Mbuyiseli Madlanga het universiteite geprys vir hul rol in die vorming van toekomstige leiers en die bevordering van openbare diens. Hy het tydens die Universiteit van Fort Hare se lentegradeplegtigheid in Alice in die Oos-Kaap gepraat, waar ‘n eredoktorsgraad in die regte aan hom toegeken is. Madlanga het die erkenning […]
# Thembisile Xulu is die Departement van Gesondheid se nuwe direkteur-generaal. Sy het die pos amptelik aanvaar nadat die kabinet haar in Augustus aangestel het. Die departement se woordvoerder, Foster Mohale, sê Xulu is ‘n gekwalifiseerde dokter en het voorheen as uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Nasionale Vigsraad gedien. Hy sê sy was langer as […]
# Die Verenigde Nasies se hoëkommissaris vir Menseregte, Volker Türk, waarsku vroue en meisies ly steeds buitensporige skade en word dikwels uitgesluit van besluite wat hul veiligheid raak. In 2024 het bykans 676-miljoen vroue en meisies binne 50 kilometer van konflikgebiede gewoon. Dit is die hoogste syfer sedert die einde van die Koue Oorlog. Türk […]