# Die Amerikaanse president, Donald Trump, sê hy mag dalk Europese lande vra om van hul dieselreserwes beskikbaar te stel te midde van ‘n wêreldwye tekort. Hy het reeds gedreig om diesel-uitvoere van Amerika te verbied. Amerika is ‘n belangrike wêreldwye dieselverskaffer en voer tussen 1,2-miljoen en 1,5-miljoen vate per dag uit. Volgens berigte beskik […]
# COSATU verwelkom die regering se versekering dat afgetrede militêre personeel en hul afhanklikes hul mediese dekking sal behou. Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, het aan die Parlement gesê sowat 21-duisend hoofbegunstigdes van die Fonds vir Voortgesette Mediese Dekking vir Lede van die Staandemag sal steeds die volle voordele ontvang. Matthew […]
# Die Hooggeregshof in Pretoria het ‘n lasbrief gemagtig vir die inhegtenisneming van die oudminister van Verdediging en voormalige speaker van die Nasionale Vergadering, Nosiviwe Mapisa-Nqakula, nadat sy nie opgedaag het vir haar korrupsie- en geldwassery-saak nie. Haar regsverteenwoordigers sê sy is steeds ongesteld, maar geen mediese sertifikaat is voorgelê nie. Mapisa-Nqakula word daarvan beskuldig […]
# Rugby: Kaartjies is nou te koop vir die Kaapstadse Sewes-toernooi op 5 en 6 Desember. Die Blitsbokke, wat verlede seisoen die reeks- en die wêreldtitel gewen het, mik na ‘n derde opeenvolgende Kaapstadse titel. SA Rugby het kaartjiepryse in alle kategorieë met tussen 17- en 28-persent verlaag. Onbespreekte sitplekke op die tweede vlak van […]
# Tennis: Die Vroue-tennisvereniging sê die prysgeld van alle gesamentlike Een-duisend toernooie sal vanaf 2027 dieselfde vir vroue- en manspelers wees. Dit bring die Kanadese Ope, Cincinnati Ope en Italiaanse Ope op dieselfde vlak as ander gesamentlike Een-duisend-toernooie. Die WTA se voorsitter, Valerie Camillo, sê die organisasie verminder ook vanaf volgende jaar die aantal toernooie […]
# Die Soil of Africa-beweging vra meer aanspreeklikheid in die polisie nadat die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat in 2025/26 altesaam vyf-duisend-259 beweerde gevalle van wangedrag aangeteken het. Dit sluit 332 gevalle van geslagsgeweld en vrouemoord in. Die beweging sê OPOD se onafhanklikheid moet beskerm en sy hulpbronne versterk word om deeglike ondersoeke te verseker, veral ná bewerings […]