Skip to content

COSATU verwelkom versekering oor mediese dekking vir afgetrede militêre lede [KLANK]

# COSATU verwelkom die regering se versekering dat afgetrede militêre personeel en hul afhanklikes hul mediese dekking sal behou. Die minister van Verdediging en Militêre Veterane, Angie Motshekga, het aan die Parlement gesê sowat 21-duisend hoofbegunstigdes van die Fonds vir Voortgesette Mediese Dekking vir Lede van die Staandemag sal steeds die volle voordele ontvang. Matthew Parks van COSATU sê die fonds worstel teen ‘n tekort van 166-miljoen-rand en vra dringende langtermynoplossings:

ENG-ParksOnMedical