# Die Soil of Africa-beweging vra meer aanspreeklikheid in die polisie nadat die Onafhanklike Polisie-ondersoekdirektoraat in 2025/26 altesaam vyf-duisend-259 beweerde gevalle van wangedrag aangeteken het. Dit sluit 332 gevalle van geslagsgeweld en vrouemoord in. Die beweging sê OPOD se onafhanklikheid moet beskerm en sy hulpbronne versterk word om deeglike ondersoeke te verseker, veral ná bewerings […]
# Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, sê voorlopige ondersoeke dui aan die man wat sy medevlieënier op ʼn Flydubai-vlug aangeval het, is radikaal beïnvloed deur Islamisme. Hy het Woensdag probeer om die vliegtuig te laat neerstort onderweg van Dubai na Israel. Die gewonde kaptein kon die stuurkajuit se deur oopmaak, waarop passasiers en reserwe-personeel […]
# Die parlementêre portefeuljekomitee oor Hoër Onderwys en Opleiding sê die Nasionale Vaardigheidsfonds moet aanspreeklikheid aanvaar vir die ontoereikende bestuur van sy befondste vaardigheid-ontwikkelingsprogramme. Die oorspronklike Phila Jordan-kapitaalprojek is goedgekeur teen meer as 300-miljoen-rand met die doel om 800 begunstigdes op te lei in die ontwikkelingsprogram vir ambagslui. Die ooreenkoms is egter in Mei vanjaar […]
# Die Stad Tshwane se Sake-eenheid vir Energie en Elektrisiteit sê die noodsaaklike kragoordrag en tussen-verbindingsproses is 95-persent afgehandel. Dit volg na ʼn ontploffing by die Waltloo-substasie wat ʼn transformator by die Njala-toevoersubstasie beskadig het. Dinsdag se voorval het dele van die metro sonder krag gelaat. Woordvoerder Selby Bokaba sê tegniese spanne hou die oordrag […]
# Die Distrikspolisie in Tshwane het gister 395 verdagtes in Atteridgeville en Laudium aangekeer tydens ‘n multidissiplinêre misdaad-voorkomingoperasie. Hulle word verdink van onder meer moord, poging tot moord, gewapende roof en verkragting. Polisie-woordvoerder Johan van Dyk sê 80 ongedokumenteerde migrante is ook aangehou en aan immigrasie-amptenare oorhandig. Hy sê vier mense wat aan hulle werk […]
# Die Globale Veldtog teen Transnasionale Georganiseerde Misdaad sê as politieke sluipmoorde geïgnoreer word, verskraal dit demokratiese keuse, benadeel plaaslike regering en laat misdadigers toe om te besluit wie die mag het. Twee-en-veertig mense is reeds vanjaar dood in vermeende politieke sluipmoorde in Suid-Afrika in aanloop tot die plaaslike regeringsverkiesing – die meeste in KwaZulu-Natal, […]