# Die DA sê die Noord-Kaapse regering moet omgewing- en infrastruktuurprobleme hanteer wat vroue in gevaar stel. Die party noem onlangse gevalle soos die ontdekking van ʼn vrou se liggaam in ʼn vlak graf in Lerato-park, Kimberley, en die bendeverkragting van ʼn 62-jarige pensioenaris in Pampierstad. Lisa Schickerling van die DA sê tussen April en […]
# City Power het sy herstel-spanne en ʼn diensverskaffer aan die Kliptown-gholfbaan onttrek weens kommer oor hul veiligheid. Dit volg nadat inwoners gister betoog en mense geïntimideer het, en verhoed het dat elektrisiteit herstel word. ʼn Kragonderbreking wat vermoedelik deur ʼn foutiewe kabel-afhegting veroorsaak is, het kragvoorsiening aan die Kliptown-gholfbaan en Pimville Sone 9 geraak. […]
# Die vroueliga van Abahlali baseMjondolo vra ʼn onafhanklike Vroue-ombud vir wetstoepassing. Dit volg nadat die liggame van elf vroue die afgelope maande in Ekurhuleni, Gauteng, gevind is. Woordvoerder Snenhlanhla Mncanyana sê die ombud moet magte hê om polisiekantore te inspekteer, toegang hê tot rekords, en die reg hê om korrupsie en wangedrag te ondersoek. […]
# Die Wes-Kaapse premier, Alan Winde, sê die provinsie verskerp spesialis-wetstoepassing om dwelmhandel en georganiseerde misdaad te pak. Die Stellenbosch-munisipaliteit se honde-eenheid is gister bekendgestel nadat gebiede soos Kayamandi en Cloetesville ʼn rekord-toename in bendeverwante en georganiseerde misdaad getoon het. Winde sê die provinsiale regering het in die 2025/26-boekjaar deur die provinsiale Departement van Polisie-oorsig en […]
# Die Forum for South Africa eis strenger toesig en vinniger optrede teen polisiebeamptes wat van wangedrag beskuldig word. Die Onafhanklike Polisie-Ondersoekdirektoraat het in 2025/2026 vyf-duisend-259 gevalle van wangedrag aangemeld, insluitend 332 verwant aan geslagsgeweld en vrouemoord. Die leier van Forum4SA, Tebogo Mashilompane, sê daar is 116 bewerings van verkragting teen polisiebeamptes, waarvan 72 terwyl […]
# ActionSA in Johannesburg sê die metro se verslag oor Vaardigheidsontwikkeling is gewaarborg om uitgawes by die Departement van Maatskaplike Ontwikkeling te verkwis met opleiding aan werknemers. Die stadsraad het die verslag met die ondersteuning van die ANC en sy koalisie goedgekeur. Sarah Wissler van ActionSA sê die verslag identifiseer skeiding tussen departementele programme, SETA-vaardigheidsplanne […]