# Die minister van Gesondheid, Aaron Motsoaledi, het Johovasgetuies se besluit om hul beleid oor bloedoortappings te verander, verwelkom. Die organisasie, wat meer as nege-miljoen lede wêreldwyd in meer as 200 lande en gebiede het, het voorheen vier hoofbestanddele van ‘n ander persoon se bloed op grond van ‘n gedeelte uit die Bybel geweier. Nou […]
# Suid-Korea se president, Lee Jae Myung, het Kiëf beskuldig dat hy ʼn vertroulikheidsooreenkoms verbreek het deur die oorhandiging van twee Noord-Koreaanse krygsgevangenes bekend te maak. Oekraïne se president, Volodymyr Zelensky, het verlede week by die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering aangekondig dat sy regering twee Noord-Koreaanse soldate aan Seoel oorhandig het. Die twee soldate was […]
# Die minister van Vervoer, Barbara Creecy, sê terwyl geopolitieke druk kostes vir huishoudings opjaag, bevorder die regering ʼn geïntegreerde vervoerstelsel wat ontwerp is om openbare vervoer veiliger en meer bekostigbaar te maak. Oktober is Vervoer-maand. Creecy sê haar departement is besig om die openbarevervoer-toelaagstelsel te verander na ʼn verenigde ondersteuningsmodel wat op sekere roetes vir […]
# Gholf: Sewe Suid-Afrikaners is op die hakke van die gesamentlike voorlopers, wêreld-nommer-979 Michael Stewart van Skotland en die Australiër, Jack Buchanan, op sewe-onder-baansyfer by die Alfred Dunhill Links-kampioenskap. Die toernooi word op drie gholfbane gespeel: Carnoustie, Kingsbarns en St Andrews. Die heersende Suid-Afrikaanse Ope-kampioen, Casey Jarvis, is op ses-onder-baansyfer 66 by Carnoustie, terwyl sy […]
# Suid-Afrika se enkele rykste miljardêr besit meer rykdom as die armste 70-persent van die bevolking saam. Dit is volgens ʼn nuwe verslag van Oxfam South Africa. Dit het bevind die rykste een-persent landsburgers het 54,9-persent van die land se rykdom in 2024 besit, terwyl die onderste helfte van die bevolking negatiewe rykdom het. Oxfam […]
# Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Dina Pule, het het gevra vir gesamentlike optrede om kinders teen geweld, mishandeling en uitbuiting te beskerm. Sy het gister in Witrivier die Kinderberaad oor die beëindiging van geweld teen kinders toegespreek. Pule het beklemtoon hoe belangrik dit is dat kinders se stemme gehoor word om seker te maak […]
# Rugby: Die Haaie het met die terugkeer van Springbok-spelers ʼn hupstoot gekry vir môre se Verenigde Rugbykampioenskap-kragmeting teen die heersende kampioene, Leinster, in Durban. Andre Esterhuizen voer die span aan, en Thomas du Toit en Edwill van der Merwe keer terug na die beginspan. Ox Nche, Eben Etzebeth en Ethan Hooker is op die […]