# Rugby: Die Springbok-afrigter Rassie Erasmus bereik môre sy 100ste toets in die vierde kragmeting teen Nieu-Seeland in Baltimore, Amerika. Hy het die Bokke sedert 2018 gelei tydens 73 oorwinnings, een gelykop-stryd en 25 nederlae, en die Wêreldbeker twee keer verower. Jacques Nienaber was tussen 2020 en 2023 afrigter in 39 toetse, maar Erasmus was […]
# Transnet sê die verkoop van ‘n belang van 49,99-persent in Durban se houerterminaal gee die toon aan vir toekomstige vennootskappe met die privaat sektor. Die transaksie het ‘n wins van 12,5-miljard-rand opgelewer en bygedra tot Transnet se jaarwins van 4,6-miljard-rand. Uitvoerende hoof Michelle Phillips sê vennootskappe sal help om doeltreffendheid en mededinging op die […]
# Die vakbond GIWUSA eis ‘n leefbare loon van Masterpack, wat deel van die Bidvest-groep is, terwyl werkers voortgaan met die beskermde staking wat Maandag begin het. GIWUSA se organiseerder, Sipho Linda, sê dit moet ‘n verhoging van nege-persent vir alle werkers insluit om te verseker almal trek voordeel daaruit. Hy sê bestuur moet uitstaande […]
# Die Verkiesingskommissie sê die ANC moet aanspreeklikheid aanvaar nadat sy kandidatelyste vir ses munisipaliteite nie betyds ingedien is nie. Die ANC voer in sy aansoek in die Verkiesingshof aan die kandidaatbesonderhede is voor die sperdatum op die OVK se stelsel vasgelê, maar tegniese probleme het sy administrasie verhinder om die finale indiening te voltooi. […]
# Rugby: Daar is volgens berigte groot belangstelling in môre se toets tussen die Springbokke en die All Blacks in Baltimore, Amerika, maar al 71-duisend kaartjies sal waarskynlik nie verkoop word nie. Dié eerste wedstryd tussen die aartsvyande op Amerikaanse bodem kom teen ‘n stywe prys, met die goedkoopste kaartjies wat verkoop vir gelykstaande aan […]
# Die Kaap die Goeie Hoop-DBV steun redelike, praktiese en afdwingbare munisipale regulasies oor die aanhou van diere. Die metro se Verordening oor die Aanhou van Diere is beskikbaar vir openbare kommentaar. Die voorgestelde verordening kan verander hoe honde in openbare plekke geïdentifiseer en beheer word, hoe aansoeke om meer diere aan te hou beoordeel […]
# Amerika se adjunkpresident, JD Vance, het burgers aangemoedig om die Republikeine in November se middeltermynverkiesing te steun en aangevoer die Demokrate vaar heelwat swakker. Die Republikeinse Party probeer om beheer van die Huis van Verteenwoordigers en die Senaat te behou, groter steun vir sy kongreskandidate te werf en kiesers se kommer oor die ekonomie […]
# Sokker: Frankryk se beheerliggaam, die FFF, het sy steun onttrek vir FIFA se president, Gianni Infantino, se herverkiesing volgende jaar. Hy is veroordeel oor sy mislukte planne om aandele in die Wêreldbekertoernooi en ander kompetisies aan beleggers te verkoop. Die Europese liggaam UEFA, AFC van Asië en die Noord-Amerikaanse beheerliggaam, CONCACAF, sê Infantino moet […]