# Die Oos-Kaapse premier Oscar Mabuyane het toestemming ontvang om te appelleer teen ʼn Hooggeregshof-bevel in die lastersaak teen EFF-leier Julius Malema. Die kwessie spruit uit Malema se verklaring dat Mabuyane ʼn meestersgraad van die Universiteit van Fort Hare “gesteel” het. Die premier sê die verklaring impliseer bedrog, oneerlikheid en misdadige gedrag. Mabuyane se dringende hofaansoek […]
# Krieket: Die mede-gasheerland, Suid-Afrika, is in die groepfase van die 2027 Mans-Wêreldbeker in Groep B saam met Engeland, Bangladesj, Sri Lanka, Nieu-Seeland en ʼn kwalifiseerder. Die verdedigende kampioene, Australië, is in Groep A saam met Indië, Pakistan, Afghanistan, mede-gasheerland Zimbabwe en ʼn kwalifiseerder. Die Proteas begin hul veldtog op 9 Oktober teen Nieu-Seeland op […]
# Die Britse teenterrorisme-polisie het ʼn Brits-Iranse burger in Westminster, Londen, in hegtenis geneem in verband met die voorval by RAF Fairford. Die 26-jarige man is aangekeer weens vermeende voorbereiding van “terrorisme-dade”. Die polisie het intussen ʼn tweede man, ʼn 26-jarige Britse burger, ondervra en twee eiendomme deursoek. Die polisie het vyf mans wat Sondag […]
# Die Departement van Korrektiewe Dienste in Tennessee het sy optrede verdedig nadat beamptes Woensdagaand nie daarin kon slaag om Christa Pike tereg te stel nie. Gevangenisbeamptes het twee dodelike dosisse pentobarbital aan Pike toegedien, maar sy het dit oorleef en is na die hospitaal geneem. Die 50-jarige is in 1996 ter dood veroordeel vir […]
# Rugby: Springbok-kaptein Siya Kolisi sal vanaand vir die eerste keer in vyf jaar vir die Stormers uitdraf wanneer hulle in Skotland teen Edinburgh in die Verenigde Rugbykampioenskap te staan kom. Hy sal as oopkantflank begin, met Louw Nel wat na die kortkant skuif, terwyl Riley Norton in die tweede ry speel. Die enigste ander […]
# President Cyril Ramaphosa het opvoeders en die breër onderwysgemeenskap gevra om te help teen geslagsgeweld en vrouemoord, en gesê skole het ‘n rol om te speel om geweld te voorkom voordat dit plaasvind. Hy het gister ’n toespraak gelewer by die 26ste Nasionale Onderwystoekennings in Ekurhuleni. Ramaphosa sê skole moenie seksuele teistering, mishandeling of […]
# Die Instituut vir Rasseverhoudings vra Amerika om te onderskei tussen die Suid-Afrikaanse regering en gewone burgers as hy veranderings aan sy buitelandse beleid oorweeg. Die organisasie het sy jongste opname met die Amerikaanse minister van Buitelandse Sake, Marco Rubio, gedeel, wat toon baie Suid-Afrikaners deel nie die regering se standpunte rondom raswette en ander […]
# Die 14de Joburg Indaba sal leiers van meer as 15 groot mynmaatskappye, die regering, staatsondernemings en kundiges uit die bedryf bymekaar bring om uitdagings en geleenthede in die mynbedryf te bespreek. Die geleentheid vind op 7 en 8 Oktober in Johannesburg plaas. Besprekings sal handel oor geopolitieke risiko’s, die plaaslike regeringsverkiesing, mynbeleid, beleggersvertroue en […]
# Krieket: Die laaste eendagwedstryd tussen Indië en die Wes-Indiese Eilande word Saterdag in New Chandigarh gespeel nadat die gasheerspan die reeks Woensdag in Guwahati beklink het danksy die tweede hoogste suksesvolle lopie-jaagtog. Die besoekers het 405 vir sewe aangeteken danksy drie honderdtalle, maar Indië het die teiken binne 44 boulbeurte bereik met slegs twee […]