# Krieket: Die laaste eendagwedstryd tussen Indië en die Wes-Indiese Eilande word Saterdag in New Chandigarh gespeel nadat die gasheerspan die reeks Woensdag in Guwahati beklink het danksy die tweede hoogste suksesvolle lopie-jaagtog. Die besoekers het 405 vir sewe aangeteken danksy drie honderdtalle, maar Indië het die teiken binne 44 boulbeurte bereik met slegs twee […]
# Rugby: Die Stormers en Edinburgh skop vanaand die naweek se Verenigde Rugbykampioenskapsaksie af in die Skotse hoofstad. Môre kom die Leeus in Johannesburg teen die Ospreys te staan, die Haaie speel in Durban teen Leinster, en die Bulle speel teen Munster in Ierland. Al vier Suid-Afrikaanse spanne het die seisoen op ‘n positiewe noot […]
# Die Stad Johannesburg het sy program vir Oktober as Vervoermaand bekendgestel, met die fokus op padveiligheid, groenvervoer, toeganklikheid en digitale innovasie. Die program, wat oor die hele maand strek, sluit in padveiligheidsveldtogte, inspeksies van voertuig- en bestuurdersgeskiktheid, en inisiatiewe om pendeldienste te verbeter. Metrobus sal ook sy oorskakeling na elektriese busse ten toon stel, […]
# Die DA in Limpopo het ‘n klag by die Verkiesingskommissie ingedien en die ANC daarvan beskuldig dat hy ‘n amptelike regeringsgeleentheid vir partypolitieke doeleindes gebruik het. Volgens die party was die premier Phophi Ramathuba, Dinsdag by ‘n amptelike huisoorhandiging in Modimolle-Mookgophong, maar foto’s toon haar saam met ANC-ampsdraers in ANC-kleure. Jacques Smalle van die […]
# Die Riversdal-sonkragaanleg is amptelik in die Wes-Kaap in gebruik geneem. Die aanleg voeg hernubare energie en batteryberging tot die plaaslike elektrisiteitstelsel. Die aanleg beskik oor ‘n sonkragkapasiteit van tien megawatt, kan tot 15-miljoen kilowatt-uur per jaar opwek met ‘n batterybergingstelsel van tien megawatt-uur. Thomas Walters van die DA sê die projek sal afhanklikheid van […]
# Die Stad Johannesburg het ‘n nuwe beleid goedgekeur om ontwikkeling en dienste in informele nedersettings te verbeter. Elke inwoner sal ‘n profiel bekom en huishoudings sal identifikasienommers kry om te help met die bestuur van inligting oor die nedersetting. Die beleid maak ook voorsiening vir planne vir paaie, gemeenskapsfasiliteite en toekomstige dienste, asook tydelike […]
# Eskom het sy kwytskelding verleng van registrasieverwante koste vir sonkragstelsels van tot 50 kVA in besit van kwalifiserende klante. Die kwytskelding is van toepassing op klante wat direk deur Eskom voorsien word, wat hulle meer tyd gee om netwerkgekoppelde dakstelsels te registreer sonder om die nutsmaatskappy se registrasiefooie te betaal. Eskom sê registrasie bly […]
# CapeNature sê die Wes-Kaap se plante, diere en ekosisteme is onder toenemende druk weens brande, indringerspesies en die verlies aan natuurlike omgewing. Die organisasie se verslag vir 2026 toon 107 brande het die afgelope jaar meer as 215-duisend hektaar in die provinsie vernietig, bykans drie keer meer as die vorige jaar. Die verslag dui […]
# Die regering sê sy vierpunt-herstelplan sal die stryd teen geslagsgeweld en vrouemoord versterk. Die plan beoog om polisiëring, ondersoeke, forensiese werk en vervolgings te verbeter, en sal fokus op onopgeloste moorde, verkragtings en ernstige seksuele misdrywe waarby vroue en kinders betrokke is. Mans en seuns word ook aangemoedig om hulle uit te spreek teen […]